VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES

Wat gebeur as ‘n mens doodgaan?

Mens esal aanhou om die vraag te vra. Ek is nie ‘n akademikus nie en het beslis nie genoeg kennis om finale uitsprake oor hierdie sake te maak nie en sou heeltemal bereid wees om hieroor te sê: “Ek verstaan nog nie alles nie.” of selfs: “Ek dink ek moet anders dink oor hierdie saak.” Tog is die hele gedagte oor die lewe na die dood iets wat vir gelowiges ‘n ontsaglike groot bron van hoop is.

Ek moes hierdie ding vir myself verstaanbaar maak sodat ek kan probeer om vir mense troos en veral hoop te bring.

Vir my is Jesus se antwoord op die versoek van die moordenaar aan die kruis een van die meer hoopvolle uitsprake in die verband. Meeste ken die gebeure. Die misdadiger is saam met Jesus gekruisig. Op een of ander manier het die misdadiger tot die oortuiging gekom dat Jesus die Messias is en dat God deur Hom besig is om beheer te neem en dat God dus weer koning gaan wees. In sy misdadiger-gemoed is daar geen onsekerheid dat hy gaan sterf nie. Lees voort “VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES”

NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Ek skryf hierdie post met versigtigheid. Om oor die hel te praat is omstrede.

Rob Bell het in 2011 Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived geskryf. Die boekie was topverkoper en een van die mees omstrede van die jaar.

Rob Bell is daarvan beskuldig dat hy Universalisme verkondig. Universalisme verkondig basies die boodskap dat alle mense gered sal word selfs mense soos Adolph Hitler en Osama Bib Laden. Na ‘n mens se dood het God dan al die tyd wat Hy nodig kan hê om deur sy liefde mense te oortuig sodat hulle die evangelie as die waarheid aanvaar.

Vir my is daar duidelike aanduidings in die Skrif dat daar wel ‘n hel is en dat sommige mense wel verlore gaan onmdat hulle nie in God geglo het nie. Lees voort “NOU WAT DAN VAN DIE HEL?”

NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Ek het so pas “Simply Jesus” van NT Wright gelees.

Wright het my aan die dink gesit oor ‘n hele paar dinge. Een daarvan is die hele kwessie oor die hemel. Hierdie gedagte van Wright kom in verskeie van sy boeke na vore:

“In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock, as the ancient Jews believed they did above all in the temple.” (p. 191)

Hemel is die plek waar God volkome in beheer is. “Heaven is the place from which the world is run.” (p 195) Ek kon nie anders as om te dink aan die manier waarop die evangelie volgens Markus Jesus se “intreepreek”  beskryf nie:

“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

In sy boekie King Jesus Gospel skryf Scot McKnight dat die koninkryk in Jesus so naby gekom het dat as jy jou arm uitsteek kan jy dit dalk binne in die koninkryk insteek. In Jesus het hemel en aarde ge-“overlap” en ge-“interlock”. Lees voort “NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?”

WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. Lees voort “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS”

Wat is die evangelie?

Ek lees tans Scot McKnight se jongste boek “The King Jesus Gospel: The Original Good News Revisited.” Ek het reeds in ‘n vorige “post” oor die boek iets geskryf. Ek het die boek een keer vinnig deur ges-“scan”. Nou lees ek meer aandag vir ‘n tweede keer deur die boek. Alhoewel Scot se boek fokus op die wyse waaropsy “tribe”, die “evangelicals”, die evangelie gereduseer het tot die verkondiging van ‘n boodskap van verlossing en nie die volle en dus ware evangelie nie, is die boek tog vir ons ook van waarde omdat die “evangelicals” van die VSA ‘n baie groot invloed op ons as NG Kerk ook het.

Scot McKnight en NT Wright beweeg baie naby aan mekaar. Enige iemand wat Wright lees sal besef dat McKnight soos hy dink en voel met betrekking tot Israel en Jesus se rol daarin. Beide lees die Bybel binne die raamwerk van groter verhaal waar daar ‘n bepaalde ontwikkeling is. Lees voort “Wat is die evangelie?”

HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)

Ek lees op hierdie stadium ‘n besonder leersame boek van NT Wight – The New Testament and the People of God.  

Ek vermoed ek sal van tyd tot tyd nog ‘n paar “posts” skryf oor wat ek by Wright leer. Op hierdie stadium het ek veral die gedagtes oor hoe ‘n mens ‘n teks lees, baie waardevol gevind.

‘n Mens kan die Bybel (of waarskynlik enige ander teks of artikel) op vier verskillende maniere lees. Die maniere waarop mens dan ‘n teks lees, stem in ‘n groot mate ooreen met sekere tydperke. Die vier tydperke is: Die pre-kritiese; die tydperk van die Verligting waar de teks meer in sy historiese konteks gelees is; In die teologiese tydperk is meer vrae aan die teks gevra en laastens is natuurlik die post-moderne lees literêr kritiese lees van ‘n teks. Lees voort “HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑