“DIE TRADISIONELE KERK SIEN MY NIE GOU WEER NIE”

Ek lees gister op twitter die opmerking: “Die tradisionele kerk sien my nie gou weer nie.” Ek het so ‘n klein bietjie agtergrond oor die persoon wat die opmerking maak, en ek vermoed dat sy rede het om te voel soos sy voel. Kom ons sê net mense wat aan “tradisionele kerke” behoort het gemaak dat sy so voel.

Ek is in die tradisionele kerk. Ek gaan in die tradisionele kerk bly.

Hierdie sal altyd vir my ‘n hartseer opmerking wees. Mense is nie die kerk nie. Die tradisionele kerk was hierdie jaar en sal weer in die jaar wat kom die slagoffer wees van onregverdigde, oneerlike en liefdelose sê-goed in die sosiale media. Die tradisionele kerk sal eerstens nie daar wees om haarself te verdedig nie omdat die meeste rolspelers in die tradisionele nie in die sosiale media funksioneer nie.

Maar ons wil onsself ook nie in die sosiale media verdedig nie. Lees voort ““DIE TRADISIONELE KERK SIEN MY NIE GOU WEER NIE””

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑