EK BLOG AL SEDERT 2007

Ek het in 2007 begin blog. So ‘n “spur of the moment” ding.

Ek en Renate was in vir twee weke in die VSA. Ons was vir een week in Pittsburgh vir opleiding in “Stephen’s Ministries” en vir die ander week het ons by my broer hulle in Memphis gaan kuier. Die vier kinders het in Rustenburg agtergebly. Ons wou graag op een of ander manier met hulle kontak hou en hulle laat weet wat alles gebeur wat wat ons alles beleef.

Ek kan nie eers onthou wat die eerste blog se naam was nie. Ek het een begin en dit so half en half as dagboek vir die twee weke gebruik. Die kinders kon dan elkeen op hulle eie tyd lees en kommentaar lewer. Ek was binne die eerste paar dae verstom oor hoeveel mense die blog kom lees. Lees voort “EK BLOG AL SEDERT 2007”

EENVOUDIGE SPIRITUALITEIT

Ons gemeente het in 2011 baie oor Spiritualiteit gepraat. Ons het Chip Ingram se veldtog: “True Spirituality According to Jesus” gedoen en ware s[piritualiteit na aanleiding van Romeine 12 bekyk. Volgens Romeine 12 behels ware spiritualiteit:

1. Algehele oorgawe aan God.

2. Laat God toe om deurlopend my denke te vernuwe.

3. Realistiese, beskeie selfbeeld.

4. Diensbaarheid in die gemeente.

5. Oorwinning deur vergifnis.

(Ek sou die veldtog by gemeentes aanbeveel. Ons gemeente het ‘n wonderlike stuk groei beleef.)

Hierdie vyf dinge gebeuer egter nie vanself nie. In spiritualiteit speel geestelike dissiplines ‘n baie belangrike rol.Geestelike dissiplines is die manier waarop hierdie ware spiritualiteit in ons lewens uitgewerk word. Sonder geestelike dissiplines gaan ware spiritualiteit nie gebeur nie.

Donald Whitney het hierdie artikel geskryf. Die waarde van die artuikel is die eenvoud. Lees voort “EENVOUDIGE SPIRITUALITEIT”

Blog at WordPress.com.

Up ↑