EK BLOG AL SEDERT 2007

Ek het in 2007 begin blog. So ‘n “spur of the moment” ding.

Ek en Renate was in vir twee weke in die VSA. Ons was vir een week in Pittsburgh vir opleiding in “Stephen’s Ministries” en vir die ander week het ons by my broer hulle in Memphis gaan kuier. Die vier kinders het in Rustenburg agtergebly. Ons wou graag op een of ander manier met hulle kontak hou en hulle laat weet wat alles gebeur wat wat ons alles beleef.

Ek kan nie eers onthou wat die eerste blog se naam was nie. Ek het een begin en dit so half en half as dagboek vir die twee weke gebruik. Die kinders kon dan elkeen op hulle eie tyd lees en kommentaar lewer. Ek was binne die eerste paar dae verstom oor hoeveel mense die blog kom lees. Ek dag ek praat met my kinders toe praat ek met die wêreld. Ek was nuuskierig om te sien wat maak ander mense met “blogs” en het op die inernet begin rondkyk. Daar het vir my ‘n nuwe wêreld oopgegaan. Die eerste Christen “blog” waarop ek afgekom het, was “The Jesus Creed van Scot McKnight. Skielik kon ek hierdie aktuele en resente gesprekke oor die teologie en die kerk volg.

My tweede groot verbasing was hoe lewendig die Afrikaanse “blog-wêreld” was. Nie lank nie, toe ontdek ek Gormendizer, aka Johan Swarts; My Contemplations, aka Cobus van Wyngaardt; Sonkind; Boer in Ballingskap; Toortsie. ens. ens. Hierdie is ‘n paar van die namje wat jy vandag nog sal opsoor op die “blog-wêreld”. Ek het vinnig ook ontdek dat die mense wat so in die kuber-wêreld met mekaar kontak maak, ook emosionele bande bou. Elke blog het sy eie lesers en dus sy eie familie. Mense bou verhoudings. Een van die groter rolspelers in die familiekring wat by my koffietfael kom aansit het, was Ding. Ek en Ding het ‘n paar keer ook telefonies en per e-pos kontak gehad, maar intussen het hy van die aardbol af verdwyn (Altans aso wil dit vir my voorkom.) Ding was ‘n denker en ‘n fyn formuleerder.

Ek dink die “blog-wêreld” het ‘n groter invloed op my gehad as wat ek ooit sou kon dink om op die “blog-wêreld te gehad het. Die belangrikste ding wat hierdie familie my geleer het is: Jy moet dalk nie te 100% seker van te veel dinge wees nie. Daarmee wil ek nie sê dat ek oor absoluut niks seker mag wees nie, maar daar is dinge wat mense met ‘n bietjie van onsekerheid maar tog respek moet hanteer. Alhoewel ek nooit oor God self onseker sal wees nie, het ek meer en meer openheid ontwikkel oor hoe God is. Ander mense – dikwels mense buite die kerk – het my nuwe perspektiewe op God gegee of ten minste vrae laat vra oor hoe ek oor God dink.

Ek onthou die dag in 2008 toe ‘n vriend my bel en vra of ek geweet het dat ek een van die top tien Afrikaanse blogs is. Ek was verstom. Die koerant Sondag het ‘n artikel geplaas oor die mees aktiewe en mees gelese blogs en myne het die lys gehaal. Dit was nogal vir my ‘n lekker ervaring.

Ek het vir lank ophou blog. My laaste jaar op Rustenburg (2009) was vir baie redes die jaar waarin feitlik nooit ge-blog het nie. Vandat ek hier in Waverley is, sporadies, maar ek kon net nie weer aan die gang kom nie.

Een van die drome vir 2012 – om 3-5 keer per week te blog.

Kom skeink in 2012 ‘n koppie koffie.

13 Kommentaar

Filed under AFRIKAANSE BLOGS, Algemeen

13 responses to “EK BLOG AL SEDERT 2007

  1. Goeie voornemens en jou koFffie is lekker. Mag dit vir jou ‘n baie mmoi jaar wees.

  2. Frans Rootman

    Attie

    Het ook via FB op jou blog afgekom! Baie interessant – ook jou opmerkings oor verskillende mense wat uit ander perspektiewe na sake kyk. Seenwense.

  3. Mag die skryflus jou oorval soos ‘n dief in die nag!🙂

  4. Son

    Once a blogger, always a blogger🙂 Vrede en vreugde vir jou en Renate vir 2012!

  5. Dankie julle almal. Johan jy en Son kon al ‘n lang pad – as ek dit reg het was julle altwee voor my bloggers. Altwee onthou seker vir Ding? Vredevolle 2012 vir julle ook.

  6. Ek onthou vir Ding! Mis die ou ding nou al vir ‘n wyle…

  7. Dagsê Doom!
    Genugtig, Doom, raak Ding vandag skooooon aangedaan. Baie, baie dankie. God se Benjamin – sal nooit verander in Ding se boeke nie. Ons sal weer gesels, Doom. Twee weke terug staan Ding een môre op en Doom Attie is in Ding se gedagtes – uit die niet. Doom het vir Ding kom terughaal.
    Of ek weer, en hoeveel indien wel, geredelik sal blog? Ek weet nie. Ding klipsit nog oor daai ene.
    Grondgroete
    Ding – altyd

  8. Ding – Nou ja toe… ek het gewonder wanneer jy gaan reageer. Nie getwyfel oor oof jy gaan reageer nie. Lekker om van jou te hoor. Voorspoed vir 2012 dan!

  9. Colleen

    Moet seblief nie ophou blog nie ds Attie. Dis kosbaar

  10. Ding

    Hehehe, Doom. Ding moet bieg: was dit nie dat Veerkie Ding se aandag hierop gevestig het nie, sou Ding moeilik geweet het. Ding boer al geruime tyd, Doom, van baie vroeg soggens tot baie laat saans en skakel skaars ‘n rekenaar aan, laat staan om in die kuberruim te wees. Maar Ding mis wel vir Doom en Ding het Doom se posduifnes verloor….

    Dankie Doom – 2012 is vir Ding ‘n belangrike jaar. Nee, hoe moet ek weet hoekom? Ek voel dit net. Hmmm. Mag Doom en Doom se gesin vrede in oorvloed ervaar.

  11. Haai, die Toorts is ook genoem!!🙂 Ek geniet blogging baie. Dis vir my ‘n manier van kontak maak met intelligente mense. (onthou, ek woon op die plaaas en kan baie gou vereensaam). Vir my is die bloggers maar net so ‘n “gemeenskap” soos die gemeenskap waaraan ek behoort. Ek probeer om hulle op dieselfde wyse te hanteer as my bure. Maar dat die wêreld vir my oopgegaan het, is seker!!

  12. Ek is bly jy is nog hier en ook dat jy nou meer gereeld blog. Al lewer ek nie altyd kommentaar nie, vind ek jou inskrywings altyd insiggewend en sielsvoedend. Dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s