EENVOUDIGE SPIRITUALITEIT

Ons gemeente het in 2011 baie oor Spiritualiteit gepraat. Ons het Chip Ingram se veldtog: “True Spirituality According to Jesus” gedoen en ware s[piritualiteit na aanleiding van Romeine 12 bekyk. Volgens Romeine 12 behels ware spiritualiteit:

1. Algehele oorgawe aan God.

2. Laat God toe om deurlopend my denke te vernuwe.

3. Realistiese, beskeie selfbeeld.

4. Diensbaarheid in die gemeente.

5. Oorwinning deur vergifnis.

(Ek sou die veldtog by gemeentes aanbeveel. Ons gemeente het ‘n wonderlike stuk groei beleef.)

Hierdie vyf dinge gebeuer egter nie vanself nie. In spiritualiteit speel geestelike dissiplines ‘n baie belangrike rol.Geestelike dissiplines is die manier waarop hierdie ware spiritualiteit in ons lewens uitgewerk word. Sonder geestelike dissiplines gaan ware spiritualiteit nie gebeur nie.

Donald Whitney het hierdie artikel geskryf. Die waarde van die artuikel is die eenvoud.

Whitney skryf:

This kind of spirituality is not selfgenerated; rather, it is one result of the new spiritual life that God creates in the person as He works through the gospel. In other words, Christian spirituality is part of a life lived in response to the gospel. 

Ek is soms bekommerd dat die waarheid van die onverdiende genade dalk by ons die indruk kan skep dat ware spiritualiteit iets is wat vanself gebeur. in 1 Timoteus 4:7 skryf Paulus aan Timoteus:

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe.

Hierdie oefening blyk vir my geestelike dissiplines te wees. Daar is briljante boeke oor geestelike dissiplines. Ek dink die boeke maak dit soms oorweldigend. Ek dink net aan Richard Foster se baie besondere  boek “Celebration of Discipline” . Mens kry egter soms die gevoel: “Ek gaan dit nooit regkry nie.”

Ten einde daardie gevoel te voorkom dink ek dit is belangrik om dit eenvoudig te hou. Whitney maak drie punte:

1.Die belangrikste geestelike dissiplines.

“For individual practice, the most important personal spiritual disciplines are first, the intake of Scripture, and second, prayer; all the others relate to these two.” 

Lees die Bybel en bid. Begin hier. Al die ander dinge wat jy as Christen doen moet voortbou op hierdie twee dinge. Lees die Bybel en bid.

2. Die regte geestelike dissiplines met die regte doel.

Second, practice the right disciplines with the right goal. Consciously practice these disciplines with Jesus as the focus — pursuing intimacy with Christ and conformity (both inward and outward) to Christ. 

Die doel van enige geestelike dissipline is om nader aan Jesus te kom en meer soos Jesus te word. Ons moet seker maak ons doen die geestelike dissiplines vir hierdie rede en nie omdat ons dink ons is aan God iets verskuldig nie. Innerlike en uiterlike soos Jesus. Dink en voel soos jes en leef soos Jesus.

3. Die regte geestelike dissiplines met die regte doel op die regte manier.

Third, practice the right disciplines the right way. Emphasize the person and work of Jesus in each one. Through them learn from, gaze upon, and enjoy who Jesus is and what He has done.

Die rede waarom ek en jy Bybel lees is om die persoon en die werk van Jesus beter te verstaan.

Ek hoop elkeen wat hier lees gaan spirituele groei in 2012 beleef.

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Gebed

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s