DIE SLAWEDOGTERTJIE

Baie, baie jare gelede in ‘n vreemde land was daar ‘n baie dapper generaal. Hierdie generaal was ‘n goeie soldaat en die koning van daardie land het die genraal vertrou om al sy oorloë te voer. Onder die dapper generaal se leiding het die koning se weermag die een groot oorwinning oor die ander behaal.

Op daardie stadium het oorlog onder andere behels dat die soldate in bendes opruk na die buurlande en strooptogte uitvoer. Die bendes het dikwels ook mense uit die ander lande ontvoer om dan in hulle land as slawe te werk. Tydens een van hierdie strooptogte het die generaal ‘n jong meisie gevange geneem en na sy huis toe geneem om daar vir sy vrou as bediende te werk.

Op ‘n dag het die generaal baie siek begin word. Hy het ‘n baie aansteeklike velsiekte gehad. Die jongmeisie het gesien hoe ongelukkig die generaal se siekte haar eienares maak en dit het haar ook ongelukkig gemaak. Op ‘n dag sê die jongmeisie vir die generaal se vrou: “Daar waar ek vandaan kom, in my tuisdorp, is daar ‘n bekende godsdienstige man. As meneer by hom kan uitkom, sal hy meneer sekerlik gesond maak.”

Intussen het die koning gehoor van sy dapper generaal se siekte. Lees voort “DIE SLAWEDOGTERTJIE”

IS DIE BYBEL ALLES WAT ONS WIL HÊ DIE BYBEL MOET WEES?

Ek lees Christain Smith se boek: The Bible Made Impossible.

Christian Smith is nie ‘n teoloog nie, maar ‘n sosioloog. Smith het wel aan drie verskillende Universiteite in die VSA teologie studeer, so hy is nie heeltemal onkundig oor die onderwerp wat hy hanteer nie. Hy skryf die boek na aanleiding van wat hy as ‘n onhoudbare situasie beleef met betrekking tot veral die Amerikaanse “Evangelicals” se beskouing oor die Bybel. In die heel eerste parragraaf van sy boek spel hy hierdie onhoudbare situasie uit:

“My contention here is that the American evangelical commitment to “biblicism”… is an untenable position that ought to be abandoned in favor of better approach to Christian truth and authority.”

Ek dink nie ons kan ons self in alle opsigte gelyk stel aan die Amerikaanse “Evangelicals” nie, maar ons kan ook nie die invloed van die Amerikaanse “Evangelicals” op ons kerk-kultuur onderskat nie. Lees voort “IS DIE BYBEL ALLES WAT ONS WIL HÊ DIE BYBEL MOET WEES?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑