Ek lees Matteus 22, die gelykenis oor die bruilofsmaal waarheen die koning die mense nooi, maar elkeen op die gastelys het ‘n verskoning en vir een of ander rede kan hulle nie kom nie.
Op ‘n stadium raak die koning ongeduldig en stuur sy boodskappers om die mense na die bruilof te nooi wat aanvanklik nie op die gastelys was nie.
Ek lees toe in die week in Johannes 12:19 hoe kwaad die Fariseers raak omdat Jesus al hoe meer volgelinge trek. In die volgende vers vra Grieke, wat na dieselfde fees toe gekom het om te aanbid, vir een van die dissipels of hulle nie dalk met Jesus kan praat nie.
Ek dink toe aan die gelykenis. Die Jode is die mense wat eintlik al eeue lank wag vir hierdie bruilof waarvan Jesus hier praat. Die bruilof wat Jesus na verwys het as die Koninkryk van God. Nou is die uitnodigings uit. Lees voort “MOENIE DIE “PAARTIE” MIS NIE”