Ons gemeente se tienerbediening het Sondag-aand afgeskop. Ons gaan deur die loop van die jaar elke Sondag-aand kronologies van die belangriker verhale van die Bybel vertel. Let wel, die klem is nie op lees nie, maar op vertel. Ons gaan die verhaal van die Bybel vertel.
Almal kan nie ewe goed lees en ewe goed verstaan wat hulle lees nie. Maar almal kan ‘n verhaal vertel. Ons eerste doelwit is dat elke kind wat hierdie jaar deur ons “hande” gaan ten minste die geleentheid sou gehad het om hierdie verhale so te leer ken dat hulle dit kan oorvertel.
Die Bybel is een groot verhaal – God se verhaal. Job is die oudste boek in die Bybel (1500v.C.) en Maleagi is die jongste in die Ou Testament (Ongeveer 400 n.C) 1 Tessalonisense is in die omgewing van 51 n.C geskryf en Openbaring in 91 n.C. met al die ander boeke iewers tussen in.
Die Bybel vertel die verhaal van God. Wat ons die Bybel het is wat eers die Israeliete en daarna die eerste gelowiges in die eerste eeu (voor 100 n.C) vir mekaar vertel het om sin te maak van hulle lewe en wie en wat God is. Die Bybel is ‘n samestelling van geskrifte deur mense wat onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het. Die skrywers was dikwels nie eers bewus van die bestaan van ander geskrifte nie. Tog bevestig al die boeke van die Bybel dieselfde verhaal. ‘n Mens sou dalk die verhaal heel kripties so kon vertel: Lees voort “DIE VERHAAL” →