MENSE HET DIE GOEIE IN HULLE

Januarie is vir meeste van ons moeilike maande. Die vakansie het ons geldjies getap en daar is nuwe uitgawes vir die jaar wat aangegaan moet word.

In ons huis moes ons ons Graad 10 dogter toerus met skryfbehoeftes en klere vir die skooljaar. Die eerste skoolfonds moet betaal word en ek moes ons ander dogter se studiegelde by UNISA betaal. Ons gesin het egter die gebruik om aan die begin van die jaar ‘n sekere seun toe te rus vir sy skooljaar. Die ma is ‘n enkel ma en sy verdien net-net meer as die minimumloon.

Ons weet baie goed dat as ons nie help nie, gaan hierdie seun op een of ander stadium skool los omdat sy ma dit nie kan bekostig nie en omdat hy haar wil help. Lees voort “MENSE HET DIE GOEIE IN HULLE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑