MENSE HET DIE GOEIE IN HULLE

Januarie is vir meeste van ons moeilike maande. Die vakansie het ons geldjies getap en daar is nuwe uitgawes vir die jaar wat aangegaan moet word.

In ons huis moes ons ons Graad 10 dogter toerus met skryfbehoeftes en klere vir die skooljaar. Die eerste skoolfonds moet betaal word en ek moes ons ander dogter se studiegelde by UNISA betaal. Ons gesin het egter die gebruik om aan die begin van die jaar ‘n sekere seun toe te rus vir sy skooljaar. Die ma is ‘n enkel ma en sy verdien net-net meer as die minimumloon.

Ons weet baie goed dat as ons nie help nie, gaan hierdie seun op een of ander stadium skool los omdat sy ma dit nie kan bekostig nie en omdat hy haar wil help. Ons moes die sente mooi uitwerk en die kredietkaart selfs ‘n bietjie seermaak om die mannetjie toe te rus vir sy eerste dag op hoërskool, maar dit is gedoen en dit is vir ons lekker. Vir ons is dit belangrik om haar menswaardig te behandel en haar nie soos ‘n bedelaar te laat voel nie. Sy is elke keer onbeskryflik dankbaar. Sy is selfs bereid om verniet in ons huis te kom werk om haar dankbaarheid te bewys.

Omdat ons dit doen is ons nogal op die uitkyk vir wat ander mense doen. Ons is regtig verbaas om te sien hoeveel mense daar is wat iets soortgelyks doen. Ons hoor hoe mense met mekaar praat en die een sê: “Daardie mamma kan nie…” of “Daardie gesin kan nie…” ons help bietjie daar. Ons is nog op soek na ‘n skoolbaadjie vir man. Nou vra ons oral waar ons weet mense die skoolbaadjies nie meer gaan nodig kry nie. Ons is verbaas om te hoor hoeveel sê: “Ons het die baadjie vir daardie mense gegee. Ons weet hulle sal nie ‘n baadjie kan bekostig nie.”

Gisteraand sit hier ‘n vrou in ons sitkamer, iemand wat nuut inskakel by ons gemeente, en sy sê uit die bloute: “Ek wil graag kinders wat swaarkry help. Weet julle van iemand?” Ons vertel haar van Jakaranda kinderhuis en die huis waarvoor ons gemeente verantwoordelikheid aanvaar het en wat daardie 12 meisies nodig het vir hulle skooljaar. Sy sal Sondag vir my ‘n koevertjie gee om te help met die koste.

So gebeur dit toe verlede week dat ons oudste dogter se kar breek. Die koppelaar het gegroet. R4000 se skade. Ons dogter werk, maar die salaris nie van so ‘n aard dat sy net nie voor kan kom nie en die kar het haar in die jaar wat verby is ongeveer R20 000 ekstra uit die sak gejaag. Die verkoopmsman by wie sy die kar gekoop het, het haar lelik om die bos gelei. In radeloosheid sit sy toe op haar Facebook status dat sy wonder of daar nie 400 mense is wat elkeen R10 kan gee om haar te help met die koste van haar kar nie. Toe ek hoor dat sy gedoen het, toe het daar al ‘n paar mense gereageer en gehelp. Helaas het sy nog nie die R4000 gekry nie en dink ek ook nie sy gaan dit kry nie, maar die mense se reaksie was vir my mooi.

Wanneer sulke dinge gebeur en ek mense so sien optree, onthou ek altyd dat God die mens na sy beeld geskep het. Mense wil graag help, want hulle het iets van die liefdevolle hart van God in hulle.

Mooi so mensdom!

2 thoughts on “MENSE HET DIE GOEIE IN HULLE

Add yours

  1. Stem saam Attie; daar is baie mense wat op erskillende mense help. As dit gekwantifiseer sou ko word……dalk oortref dit selfs die regering se sosiale verantwoordelikheid.

    Ons het weer besluit om ‘n rekening by ‘n bekende bou materiaal plek ‘n rekening oopgemaak waaruit ons ‘n tuinhulp se huis bou, opgradeer, verf, elektrifiseer, ens. Dis lekker om te gee, en dis deel van ons dankbaarheid teenor die Here vir soveel meer voorregte wat ons geniet.

    Ek wonder waar help mense nog?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: