Daily Archives: Januarie 23, 2012

TIENERS: HIERDIE MOET JY WEET

Ek het gister by ons plaaslike tegniese skool, Hoërskool John Vorster, ‘n erediens vir hulle Graad 8’s en die se ouers gehou. Een van John Vorster se mooi tradisies wat getrou bygewoon word. Na die diens vertel die hoof vir my van hulle skool se besondere prestasie met verlede jaar se matrieks. Hulle het ‘n 99% slaagsyfer met kinders wat besonder goed presteer het. Hy spog egter met hulle 100% plasingsyfer. Elke matrikulant is of by ‘n universiteit, of by ‘n technikon of by ‘n werk geplaas. Ek dink nie daar is baie skole wat met so ‘n rekord kan spog nie.

Ek het die volgende as raamwerk vir my gesprek gebruik:

Charles J Sykes het ‘n boek geskryf met die titel: 50 Rules Kids Won’t Learn in School Antidotes to Feel Good Education. Ek het ‘n paar van sy punte hier gelys.

“Die lewe is nie regverdig nie.”

Raak gewoond daaraan. Die deursnee tiener gebruik die uitdrukking “Dis nie ‘fair” nie.” 8.6 keer per dag. Die lewe is nie regverdig nie.

“In die regte lewe is jou selfbeeld nie so belangrik nie.”

Die regte lewe gaan eers van jou verwag om iets te bereik voordat jy goed kan voel oor jouself. Hierdie mag dalk vir jou ‘n skok wees. Lees voort

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under Tieners