NUWE JAAR EN KLAPPERS

Ek en vroulief het die Nuwe Jaar op ons eie ingewag en die Oue op ons eie vaarwel toegeroep. Wel ook nie heeltemal op ons eie nie.

Buurman se huis-opasser en sy maters was darem ook daar.

Teen half-nege was ons dankbaar. Daar was geen teken van ‘n partytjie nie. Net twee liggies in buurman se huis brand en geen karre nêrens te bespeur nie. Ten kwart oor nege was dit heeltemal ‘n ander storie. Dit lyk asof almal wie se ma’s gesê het hulle nie Hillbrow toe mag gaan nie op een of ander manier die pad na buurman se woning gekry het. In Waverley val daar ten minste nie ‘n bed op jou kar nie.

Wel bewus van die feit dat pret en plesier en Nuwe Jaar anders gedefinieer word deur die enigste twee oorblywendes in die pastorie as die horde oorkant die straat, pla die partytjie ons nie te veel nie. Ons laat maar gaan. Lees voort “NUWE JAAR EN KLAPPERS”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑