NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Ek skryf hierdie post met versigtigheid. Om oor die hel te praat is omstrede.

Rob Bell het in 2011 Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived geskryf. Die boekie was topverkoper en een van die mees omstrede van die jaar.

Rob Bell is daarvan beskuldig dat hy Universalisme verkondig. Universalisme verkondig basies die boodskap dat alle mense gered sal word selfs mense soos Adolph Hitler en Osama Bib Laden. Na ‘n mens se dood het God dan al die tyd wat Hy nodig kan hê om deur sy liefde mense te oortuig sodat hulle die evangelie as die waarheid aanvaar.

Vir my is daar duidelike aanduidings in die Skrif dat daar wel ‘n hel is en dat sommige mense wel verlore gaan onmdat hulle nie in God geglo het nie. Lees voort “NOU WAT DAN VAN DIE HEL?”

Wat beteken dit om ‘n Christen te wees?

Eerstens moet ek sê: Kyk mooi na die vraag. Die vraag is nie wie is ‘n Christen en wie is nie ‘n Christen nie. Wie Christene is en wie nie Christene is nie, is heeltemal n ander debat. Dit is nie waaroor ek ‘ n paar gedagtes wil neerskryf nie. In elk geval dink ek ons dink te veel kere dat om  “in te stemtot sekere geloofswaarhede” die finale aanduiding is van wie ‘n Christen is en wie nie.

Wat beteken dit om ‘n Christen te wees is bietjie meer prakties?

Om ‘n Christen te wees beteken dissipelskap. ‘n Lewenslange stap agter Jesus aan. As volgeling van Jesus is so n persoon TOEGEWY AAN … Lees voort “Wat beteken dit om ‘n Christen te wees?”

VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (3)

Die onderwerp van versoekings het my baie aan die dink gehad.

My oorspronklike bedoeling was om Sondag-aand ‘n bietjie met die tieners hieroor te gesels. Ek gebruik gewoonlik die reaksie op die “blog” om my te help nadink oor die onderwerp. Tieners is ook deel van die dink-proses. Ons het ‘n tiener-selgroep waar min of meer 45 tieners elke Dinsdag-aand by die kerk bymekaarkom en dan kuier ons in vier groepe. Ek het ‘n groep van 14 meisies tussen Graad 10 (Standerd 8 ) en Graad 12 (Standerd 10). Die gesprek met daardie tieners Dinsdag-aand was baie interessant. Die ander groepleiers se belewenis was grotendeels dieselfde.

Ek het hierdie gevolgtrekking gemaak: Dit is vir die meerderheid van die tieners in daardie groep nie belangrik om versoekings te weerstaan en plekke en situasies te vermy waar die versoekings hulle kan oorweldig nie.

Dit is natuurlik weereens ‘n bevestiging van wat ons al baie lankal weet, maar sukkel om te hanteer. Daardie groepie tieners gaan nie nou skielik besluit om “nee” te sê vir ‘n versoeking en om weg te bly van die plekke af waar die versoekings is, net omdat ek wat hulle dominee is so sê nie. Lees voort “VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (3)”

GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP

Ek lees vanoggend op Ding se “blog” ‘n vraag oor wat is die kern van die Christelike geloof. Vandag se gelykenis gaan oor die eise van dissipelskap. Deel van Jesus se antwoord is:

“As iemand na My toe kom kan hy nie my dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters , ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. Lees voort “GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP”

GELYKENIS 22: VERGIFNIS VIR ‘N NAAMLOSE VROU

Voor ek die Here Jesus geken het was my lewe redelik rof. Ek het alles gedoen wat ek kon doen en alles gedoen wat ek wou doen, en dan het ek nog ‘n paar dinge uitgedink wat ‘n mens sou kon doen om aan jou wilde begeertes en drang na losbandigheid uiting te gee. Toe leer ek die Here ken en ek ontdek die wonderlike waarheid dat Hy my sondes vergewe. Ek begin ‘n nuwe lewe.

As kind van God het ek op ‘n stadium verval in oormatige geloofsekerheid. Daardie gedagte van eenmaal gered altyd gered, het my arrogant teenoor God gemaak. Lees voort “GELYKENIS 22: VERGIFNIS VIR ‘N NAAMLOSE VROU”

OORMATIGE GELOOFSEKERHEID

“Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.” (1 Johannes 5:13)

Op Scott mc Knight se “blog” is daar ‘n bespreking van Brian McClaren se nuutste boek. McClaren is een van die “goeroes” van die sogenaamde “emergent” beweging in die kerk. Ek is dankbaar vir iemand soos McKnight wat McClaren ‘n bietjie krities lees. Lees voort “OORMATIGE GELOOFSEKERHEID”

EN TOE VERDWAAL SY

Ons Graad 11 dogter Elane het saam met haar skool die Outeniqua roete gaan stap terwyl ons op Badseloop met die Graad 7’s kinders besig was. Enige iemand wat kinders het sal weet dat dit ekstra tyd in gebed vra. Enige iemand wat ‘n dagdromer vir ‘n kind het soos ons het, sal weet: Hier is potensiaal vir “disaster”. Woensdag-middag kry ons toe die sms: Lees voort “EN TOE VERDWAAL SY”

MY NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE?

Iemand stuur vir my ‘n e-pos met hierdie vraag:

Ek wil net vra. Terwyl ons nou in die selgroepe besig is om Openbaring te behandel het die vraag by my opgekom en ek weet nie mooi hoe om die vraag te antwoord nie: Hoe weet ek of my naam definitief in die boek van die lewe aangeteen is? Ek sê ja dit is aangeteken maar hoe kan ek myself daarvan oortuig dat dit wel daar is?Ek wonder hoe sou jy so iemand antwoord?

Blog at WordPress.com.

Up ↑