DIENSBAARHEID IS BLOOTSTELLING

Ons leef in ‘n wêreld en in ‘n tyd waar mag baie maklik misbruik word. “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. (Matteus 20:20)

Jesus het nie gekom om op ‘n troon te sit nie, maar aan ‘n kruis te hang; nie om die septer te swaai nie, maar die die skottel en die doek rond te dra. Daarom kon die mense van sy tyd Hom nie verstaan nie. Die mense van Jesus se tyd het gedroom van die Messias, maar hulle het aan die droom hulle eie inhoud gegee en die Messias gemis.

Vandag gebeur dit nog steeds dat ons ‘n prentjie van Jesus skilder wat nie Skrifgetrou is nie. En die kerk is nie heeltemal onskuldig in die hierdie ver-tekening van Jesus nie. Soos Willem se kommentaar op ‘n ander inskrywing skryf dat hy vriende verloor omdat mense hulle rug op die kerk draai – let wel op die kerk en nie op God nie.

Wanneer ons self-gemaakte Jesus ons dan teleurstel, dan kan ons dit nie verstaan nie en dan draai ons dikwels ons rug op ons eie maaksel. Somtyds wonder ek of ons nie dalk baie gelukkig is om daardie teleurstelling te beleef nie omdat dit aan ons die geleentheid gee om Jesus as die Seun van God, die gestuurde van die Vader te ontdek.

Maar ons sukkel met die Jesus van die Woord en die Jesus van die kruis – want as ek aanvaar dat die kruis ‘n wesenlike deel van sy lewenspad moes gewees het, dan het ek een of ander tyd nie die keuse as om te aanvaar dat die kruis deel van my lewenspad moet wees nie. Dit is wat Jesus vir Johannes en Jakobus sê wanneer Hy sê: “Ja, my beker sal julle drink. Maar om aan my regter- en linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir dié vir wie My Vader dit gereed gemaak het.” (Matteus 20:23) Ons gaan een of ander tyd dieselfde beker drink as wat Jesus gedrink het.

Ons wil Jesus ook nie sien as die Een wat met die skottel en die voorskoot die dissipels se vuil voete was nie. As ons dit aanvaar, dan moet ons ook aanvaar dat dit een of ander tyd my voorland gewees dat ek ander se voete moet was. Natuurlik gaan dit nie oor ‘n fisiese kruis nie. Dit gaan oor keuses en besluite wat seermaak omdat Hy eerste kom in my lewe. Natuurlik gaan dit ook nie oor fisiese voete was nie – dit gaan oor die gesindheid van diensbaarheid.

Ek dink aan Kati se kommentaar gister op die inskrywing oor versoekings. Ek wonder of ons weet watter kruisdood ‘n tienerdood moet sterf om teen groepsdruk te kies. ‘n Tiener moet sterwe aan haarself om op te staan tot ‘n lewe waar sy aanvaar dat haar vriende nie haar keuses en besluite gaan verstaan nie.

Ek dink aan die skeptikus wat ‘n keuse moet maak om te glo dat Jesus die Seun van God is wat die sonde van die wêreld wegneem. Vir ‘n skeptikus is dit ‘n sterwe aan homself om op te staan tot ‘n lewe waar Hy aanvaar dat hy dinge gaan glo wat hy nie kan verstaan nie.

Dit alles sodat ons vry kan kom vir ‘n lewe van diens. “Maar by julle moet dit so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” (Matteus 20:28)

Diensbaarheid is ‘n keuse wat mens maak wanneer God eerste kom in jou lewe. Diensbaarheid is waarvan God hou. Diensbaarheid is om in die voetspore van Jesus te volg wat nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien.

5 Kommentaar

Filed under Nagedink

5 responses to “DIENSBAARHEID IS BLOOTSTELLING

  1. Alec

    Ek dink die een ding wat Christene onderskei is dat hulle eie ego nie meer die middelpunt van die heelal is nie, maar dat hulle meer belangstel om te gee. Dit begin sommer by jou eie gesin en dan daarvandaan al verder tot by mense wat jy later nie meer ken nie. Dis ‘n groot uitdaging om jou kinders te leer dis beter om vir mekaar iets te doen as andersom, dis waar geleer word om later in ‘n huwelik te gee en nie net te wil ontvang nie. Dis darem so waar dat liefde meer word hoe meer jy dit weggee.

  2. Alec: In ons personeel Bybelstudie sê ons vanoggend dit is makliker om dienskneg te wees vir iemand wat jy nie ken nie as vir die mense met wie jy elke dag ‘n huis of ‘n kantoor deel. Ek dink die omgee behoort uit te kring vanaf die bekend tot aan die uithoeke van die wêreld. En daardie “eie ego” is so waar: As my eie ego di middelpunt van my bestaan is, gaan ek net die dinge dink en doen wat my eie ego tevrede stel.

  3. Etienne

    Dit is soos ds. al gesê het. Die eie ek moet eers doodgaan, en dit kom na die keuse en besluit wat jy geneem het. Ek dink dit behoort makliker te wees om te begin by die mense wat jy ken veral as hulle weet en kan help met jou besluit om God eerste te plaas.

  4. Attie vandag is my twee hande afgekap, ek wens so ek kon help, maar mens wil ook nie inmeng nie. Ek moet dit net eenvoudig van my skouers afkry, my eks is tans weer verloof (hoeveelste keer al) hy het die naweek die verloofde se een dogter erg aangerand, geklap, gegooi, haar radio gebreek, sy was nie eers gister skool toe nie, hoe weet ek dit? Maklik my seun “chat” met haar op “mxit” die arme kind word maar 16, sy het onder andere gesè dat hy hulle lewe hel maak: DIT IS MAAR NET DIE BEGIN!! Die ma het niks gedoen nie, die pa van die kind wil nie inmeng nie, en die arme kind is te bang om polisie toe te gaan. Ek weet ongelukkig nie waar hulle bly nie, of waar sy skool gaan nie, ek wens net ek kon help, want dit gaan net erger word, niks beter nie. Hy is siek in sy kop, hy glo hy moet ‘n vrou (kinders) slaan, skop, mishandel. Vandag bloei my hart vir hierdie arme kind (so ook haar susters), wat gaan hy net nie volgende doen nie?

    Geniet die res van hierdie heerlike wonderlike dag.

  5. Ettiene jou boodskap het ek oor en oor gelees, dit is so waar wat jy sè.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s