Dankie vir die reaksie oor die onderwerp van gebed. Interessant dat die meeste reaksies via e-pos gekom het. Ek gaan oor ‘n tydperk ‘n paar verduidelikende woorde skryf oor elkeen van die 12 fasette van gebed. Onthou een moontlikheid is om jou gebedstyd elke week met vyf minute te verleng. Ek waarborg jou een van die mees bevredigende ervarings van jou lewe saam met God.
LOF EN AANBIDDING
Lof en aanbidding is ‘n uitdrukking van verwondering oor en toewyding aan God. “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.” (Psalm 115:1)
Aanbid God in hierdie oomblikke vir wie Hy is: Lees voort “JÝ KAN LANGER BID!! (1)”