VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY?

Dietrich Bonnhoeffer het oor die oomblik van versoeking gesê:

“At this moment God is quite unreal to us, he loses all reality, and only desire for the creature is real; the only reality is the devil. Satan does not here fill us with hatred of God, but with forgetfulness of God … The lust thus aroused envelops the mind and will of man in deepest darkness. The powers of clear discrimination and of decision are taken from us.”

Baie van my tyd en aandag word gegee aan tieners. ‘n Paar weke terug het ek met hulle gepraat oor die holrug geryde onderwerp van groepsdruk. Ek was nogal verbaas oor die reaksie wat ek van die tieners gekry het. Uit my gesprekke daarna het dit geblyk dat mens eintlik nie oor groepsdruk kan praat sonder om oor versoeking ook te praat nie. Versoekings is ‘n werklikheid waarmee tieners ( en volwassenes????) verskeie kere op ‘n dag te doen kry.

Ek verstaan ‘n versoeking as ‘n toets of ‘n beproewing wat so ontwerp is dat dit aan ‘n persoon die geleentheid gee om iets onaanvaarbaar te doen of te sondig deur iets te doen wat nie God se goedkeuring sal wegdra nie. Lees voort “VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY?”

AS GESTUURDES VAN GOD

Hier is my preek van gister. Dankie vir elkeen wat deur die loop van die week ‘n inset gelewer het.

Teks: Lukas 10: 25-37

Tema: As Gestuurdes van God.

Inleiding.

Ons gemeente se missie is:

As gestuurdes van God, eer ons Hom, versorg ons mekaar, verleen ons hulp en bring ons hoop. Ons missie sê wie ons is en wat ons doen.

Ons is gestuurdes van God (IDENTITEIT) en ons eer Hom; ons versorg mekaar, ons verleen hulp en ons bring hoop (AKTIWITEIT).

Ons as gemeente het saam hierdie missie geformuleer en ons glo dat wanneer ons as gemeente hierdie missie leef, dan leef ons God se wil en plan vir ons NG Bergsig. ‘n Gemeente moet besig wees met dit waarmee God besig is. In besonder moet ons besig wees met dit waarmee God in hierdie wêreld besig is. As ‘n missionêre gemeente is ons God se teenwoordigheid in hierdie wêreld. Wanneer ons as gemeente ons missie leef, dan word God sigbaar in hierdie wêreld. Lees voort “AS GESTUURDES VAN GOD”

BYBELLEESPROGRAM

Ons lees hierdie week hierdie gedeeltes:

Maandag: Matteus 13:31-33

Dinsdag: Hebreërs 11:1-40

Woensdag: Jakobus 2:14-26

Donderdag: Romeine 12:1-8

Vrydag: Filipense 1:27-2:4

Saterdag: Matteus 16:1-4

Sondag: Romeine 4:18-21

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑