‘N BRIEF AAN ‘N AFRIGTER

Meneer…

Ek weet nie of jy my sal onthou nie. Jy was een van baie onderwysers in ons skool. Jy het die rugbyspan afgerig waarin ek ook graag wou speel. Jy het van graad 8 af (Toe was dit Standerd 6) af die A-span afgerig. Ek weet nie of jy sal onthou nie meneer, maar ek het nooit die span gehaal nie. Ek het destyds verstaan dat ek nie goed genoeg was nie en dat Schalk wat in my plek skrumskakel gespeel het net eenvoudig die beter speler was.

Ek het nooit in my hoƫrskool loopbaan die A-span of die eerste span gehaal nie. Dankie dat meneer my ten minste elke keer kaptein van die tweede span of die B-span gemaak het, dit het darem gehelp alhoewel ons dikwels nie kon speel nie. Die skool was te klein meneer, al die spelers het nie altyd opgedaag nie. Dankie ook dat ek so nou en dan reserwe vir die eerste span kon wees.

Ek wonder of meneer raak gesien het dat ek baie getrou was by die oefening en nie een oefening gemis het nie. Ek wonder of meneer gesien het dat ek hard gewerk het in die af-seisoen om fiks te bly en my bal vaardighede te verbeter. Ek wonder of meneer gesien het hoe ek alles wat meneer my geleer het probeer toepas het. Ek wonder…

Want daar is vandag iets op my hart meneer. Lees voort “‘N BRIEF AAN ‘N AFRIGTER”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑