GEESTELIKE DROOGTE

‘n Ander dominee wat gereeld hier op my “blog” kom lees skryf vir my hierdie briefie. Ek plaas dit met sy toestemming onder voorwaarde dat ek nie iets moet sĂȘ wat sy identiteit bekend kan maak nie omdat hy vermoed van sy limdate kom lees ook hier omdat hy hulle na die “blog” toe verwys het. Die brief:

“Doom

Ek noem jou maar so, want ek sien baie van die “bloggers” spreek jou so aan. Ek kom lees gereeld hier omdat ek ook julle Bybelleesprogram volg en die stukkies wat jy skryf help my om die gedeelte wat ek lees sommer ook in my stiltetyd te gebruik. Ek het lidmate in my gemeente ook aangemoedig om dieselfde te doen.

Nou het jy hierdie laaste week bietjie “opgeslip” en nie so gereeld geskryf nie. Jy het Woensdag die stukkie oor die wagtende en soekende pa geskryf en Donderdag iets oor die kragkrisis en Vrydag niks nie. Lees voort “GEESTELIKE DROOGTE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑