VOETE WAS AS ‘N GEESTELIKE DISSIPLINE

Ek wonder hoeveel keer het ek al oor die voete was gedeelte in Johannes 13 gepreek.

Jesus en sy dissipels sit aan tafel. Judas wat Jesus sou verraai; Petrus wat Jesus sou verloën; Johannes en Jakobus wat saam met Petrus aan slaap sou raak nadat Jesus vir hulle gevra het om saam met hom te bid; Markus wat kaal sou weghardloop toe hulle Jesus arresteer, hulle sit almal aan tafel. Eintlik lê hulle aan by ‘n redelike lae tafel. Elkeen se voete is naby aan die ander een se gesig en aan sy bord kos. Voete moet skoon wees. Vuil voete moet gewas word. Al die dissipels is te belangrik. Voete was is ‘n werk vir die laagste van die laagstes. Nie vir dissipels nie.

Dan doen Jesus die onverwagse. Dit is nie vir ons onverwags nie, want ons ken die storie. Ons weet al wat gaan gebeur. Ons weet Petrus gaan sê dat Jesus nie sy voete gaan was nie en as Jesus hom teengaan wil Petrus sommer sy hele lyf laat vas. Altyd vir my interessant dat Petrus wel wil keer dat Jesus sy voete was, maar nie keer dat Jesus die ander se voete was nie, of dan nog meer, dat hy nie aanbied om self die skottel te vat en hierdie vernederende werkie klaar te maak nie. Lees voort “VOETE WAS AS ‘N GEESTELIKE DISSIPLINE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑