LIEFDE HET BAIE LANG ARMS

Ek lees die ander dag hierdie syfers: Vandag sal ongeveer 90 000 mense hulle lewe aan die Here Jesus oorgee.

In die Christelike wêreld is daar 1,06 miljard Rooms Katolieke, 386 miljoen in onafhanklike charismatiese gemeentes, 342 miljoen Pretestante, 215 miljoen Ortodoks, 79 Miljoen Anglikane.

Daar is meer anders-kleurige Christene as wat daar blanke Christene is.

Daar is meer Christene in die Suidelike halfrond as in die noordelike halfrond en die beweging is tans na die Suide en na die ooste.

Hierdie dinge gebeur omdat die kerk van die Here Jesus met arms van liefde uitreik na die wêreld.

Naledi Pandor het die twyfelagtige voorreg om feitlik daagliks die nuus te haal oor haar voorgenome eed wat in die skole gesê gaan word. Die eed krap ‘n paar van ons ernstig om.

Die gedagte van so ‘n eed is natuurlik stok oud. ‘n Eed as ‘n paar woorde wat mens opsê om jou te herinner aan waaroor dit nou eintlik gaan. Lees voort “LIEFDE HET BAIE LANG ARMS”

BYBELLEESPROGRAM

Ons Bybelleesprogram vir hierdie week is:

Maandag: Mat 22:37-39 en Mat 28:19 en 20

Dinsdag: Psalm 121

Woensdag: Mat 7:21-23

Donderdag: Miga 6:6-9

Vrydag: 1 Joh 2:3 en 4

Saterdag: 2 Johannes 1:1-13

Sondag: 3 Johannes 1:1-15

Blog at WordPress.com.

Up ↑