Daar is hierdie besondere verse oor gebruike in die Ou Testament.
“Wanneer jy ‘n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal.” (Eks. 21:2) “As die slaaf egter uitdruklik sou sê: ‘Ek is lief vir my eienaar en vir my vrou en my kinders. Ek wil nie vrygelaat word nie,’ moet sy eienaar hom in die teenwoordigheid van God bring, by die heiligdom se deur of kosyn, en daar moet die eienaar ‘n gaatjie in sy slaaf se oor steek met ‘n els. Dan is hy vir altyd sy eienaar se slaaf.” (Eks. 21:5-6)
Dan lees mens in die Nuwe Testament hierdie woorde van Paulus: “Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.” (2 Kor 9:19)
Die slaaf van Eksodus was vry, dit was sy keuse om slaaf te bly. Paulus was heeltemal vry – dit was sy keuse om homself diensbaar aan God te stel. Die Griekse woord wat met “diensbaar” vertaal word is ‘n verbuiging van die woord “doulos” wat gewoonlik met slaaf vertaal word. Daar dan die effense kontak met die Eksodus 21 gedagte. Lees voort “DISSIPLINE VAN DIENSBAARHEID” →