“Jy moet sê: So sê die Here my God vir Jerusalem: Kanaän is die land van jou herkoms en jou geboorte. Jou pa was ‘n Amoriet, jou ma ‘n Hetiet.
Toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, jy is nie gebad nie, nie met sout ingevryf nie en nie in doeke toegedraai nie.
Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is.
“Toe het Ek verbygekom en jou in jou bloed sien spartel. Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef!’ Ja, Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef, groei!'”Ek het jou soos ‘n veldplant laat groei, en jy het gegroei en grootgeword. Jy het ‘n pragtige meisie geword, jou borste het styf geword en jou hare lank. Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.
Toe Ek by jou verbykom en sien dat jy volwasse begin word, het Ek jou onder my sorg geneem en vir jou klere aangetrek. Ek het My met ‘n eed aan jou verbind en met jou ‘n verbond aangegaan, sê die Here my God. Jy het Myne geword.
Ek het jou gebad, die bloed van jou afgewas en jou met olie ingesmeer.
Ek het vir jou ‘n veelkleurige rok aangetrek en skoene van gebreide vel, Ek het vir jou klere laat dra van linne en ander kosbare stof.
Ek het jou getooi met juwele: vir jou armbande en halssnoere aangesit, ‘n ring aan jou neus, hangertjies aan jou ore en ‘n pragtige krans op jou kop.”
Ek het gewonder:
Het jy geweet die gedeelte staan in die Bybel? (Esegiël 16:3-14)
Wat sê hierdie gedeelte uit Esegiël vir jou?
Ek is nuuskierig.
Ons is uiteindelik almal verwaarloosde weggegooide wesens… tot Hy verbykom!? Maar ek weet nou nie of mens dit so ‘los’ moet lees van die hele chapter nie? Dit gaan eintlik daaroor, hoedat God sy uitverkore volk behandel het nadat hulle deur die goddeloses so gruwelik behandel is (even hulle eie mense??) – die “pa’s” – die Amoriete was mos nou nie juis ‘n statige spul nie?? Wat Hy eintlik sê is: ek het jou uit die vullishoop van ‘n lewetjie uitgetel en jou opgehef (gered) – en dan verder (van vers 16 af) het jy jou begin gedra soos ‘n slegte vrou (/me sukkel soms met woorde soos: ‘hoer’). Jy begin afgode dien etc… (allerhande lelike dinge!!) Anyways…
die einde van die chapter kom daarop neer dat God steeds in Sy grootste liefde vir ons barmhartigheid en vergifnis gee – daardie goddelike genade wat ons harte sag maak oor die verdriet en depressie en gemoed oor ons eie sonde. Die laaste verse is ultimately ‘n kosbare belofte: Nooit sal God die sondaar, wat sy sonde erken en bely, los om onder te gaan nie!!
Mooi woorde daardie, nê?! : “LEEF!!”
BB: Jy is reg oord die hele hoofstuk wat ook gelees moet word. E dan natuurlik moet ons ook verstaan en in gedagte hou wie en wat Esegiël en sy omstandighede was en wat sy unieke profetiese rol was. Oor daardie woord wat jy so moeilik gebruik… ek wonder of dit te make het dat mens soms ‘n oomblikke van eerlikheid moet erken: “Dit is eintlik ‘n raak ebskrywing van hoe ek met tye die Here behandel (het).
Maar, die God wat skeppingsmagtige woorde spreek sê: LEEF!. GROEI!” Amazing. Hy het daardie woorde vir my gesê waar Hy my gekry het. Hy het my gekry voordat ek Hom kon kry. EK is wat ek is deur die genade van God.
Die boodskap wat ek uit hierdie gedeelte haal is dat die Here ons nie aan ons eie lot oorlaat nie. Hy is genadig en gryp altyd in!
Al draai ons ons rug op die Here en kies ons eie weerlose bestaan, sal Hy ons nie los nie. In Sy groot genade tel Hy ons op, versorg ons en sluit selfs ‘n verbond met ons.
Hy het ook met mý dié verbond gesluit. Hy beloof om my God te wees, my te versorg en goed vir my te wees, as ek bereid is om Hom voluit te dien. Al wat ek moes doen was om hierdie ooreenkoms aan te neem en te onderteken.
Attie, wou nog vra: staan die gedeelte van : “Ek het My met ‘n eed aan jou verbind en met jou ‘n verbond aangegaan, sê die Here my God. Jy het Myne geword.”, op nog ‘n plek in die Bybel? Ek ken nie die gedeelte nie, maar die stukkie is tog vir my bekend. Ek wonder maar net.
Dit is een van daardie gedeeltes wat liefs vermy word, maar vir my is dit ‘n baie getroue weergawe van die geskiedenis van die volk Juda en Israel.Dit begin by Abram se pa wat deur God geroep is en toe net halfpad getrek en gaan sit het, Abraham se trieks met sy vrou (suster) wat hy ‘n paar keer vir ander mans gee wanneer dit hom pas, Jakob se seuns wat massamoord pleeg nadat hulle suster Dina ‘n orgie bygewoon het, die oorwinings van Dawid en die goue prag en praal van Salemo, maar ook waar die volk egbreuk met God gepleeg het, Hom verlaat het, (en die ergste) ‘n ander god aangeneem het en nou volgens wet nie weer deur God teruggeneem KAN word nie want dan pleeg God egbreuk en dit KAN Hy nie doen nie. Dit vertel ook dat dit die einde van die verbond van God met die Jode is omdat HULLE die verbond gekaseleer het. Daar was geen plan meer nie totdat God die ondenkbare gedoen het deur sy eie seun te stuur om die mense (let wel nie meer volke nie) te red op ‘n baie eienaardige manier ——– Deur te glo.
Jammer as ek herhaal
Dit is een van daardie gedeeltes wat liefs vermy word, maar vir my is dit ‘n baie getroue weergawe van die geskiedenis van die volk Juda en Israel.Dit begin by Abram se pa wat deur God geroep is en toe net halfpad getrek en gaan sit het, Abraham se trieks met sy vrou (suster) wat hy ‘n paar keer vir ander mans gee wanneer dit hom pas, Jakob se seuns wat massamoord pleeg nadat hulle suster Dina ‘n orgie bygewoon het, die oorwinings van Dawid en die goue prag en praal van Salemo, maar ook waar die volk egbreuk met God gepleeg het, Hom verlaat het, (en die ergste) ‘n ander god aangeneem het en nou volgens wet nie weer deur God teruggeneem KAN word nie want dan pleeg God egbreuk en dit KAN Hy nie doen nie. Dit vertel ook dat dit die einde van die verbond van God met die Jode is omdat HULLE die verbond gekaseleer het. Daar was geen plan meer nie totdat God die ondenkbare gedoen het deur sy eie seun te stuur om die mense (let wel nie meer volke nie) te red op ‘n baie eienaardige manier ——– Deur te glo.
wag-‘n-bietjie: ‘n Vragie: Dink jy die here se versorging van ons soos jy dit beskryf is afhanklik van ons bereid wees om Hom voluit te dien? Ek sou graag wou hoor wat jy daarvan dink.
Daardie ander teks: Ek wonder of jy dalk dink aan Jesaja 43:1 “Ek het jou by jou naam geroep. Jy is myne.”
Soms, en vandag voel ek soos beskryf hierbo.
“Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is.”
Ek voel dat daar is te min mense wat ander behandel soos ‘n kind van God, daar is te min omgee in die wêreld VERAL tussen Christene. Ons praat net maar ry mekaar van die pad af. Dit is asof elkeen vir homself is. Was dit nie vir die liefde en genade van God wat omgee en my elke keer weer optel van die ashoop af nie.
Pieter: Eintlik weet ek nie wat om vir jou te sê nie. Dit is baie hartseer maar tog ook waar. Gisteraadn weer vir mense gesê: Die enigste verskil tussen ‘n groep Christene en ‘n groep nie-Christene, is dat die Christene weet dat die Here hulle sonde vergewe. Verder is daar geen verskil nie. Gelukkig is God nie soos mense nie want net die volgende vers sê: Toe het Ek verbygekom en jou in jou bloed sien spartel. “Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef!’ Ja, Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef, groei!’”.
Sterkte!!!
Alec: Skuus man vandag was dit jou beurt om deur wordpress gespam te word. God het die ondenkbare gedoen – Hy hyet sy Seun gestuur. Nou verlos Hy mense deur geloof.
Alec, jy is nie al een nie.
Probeer gou weer (delete maar):
Attie, ja en nee, want hier gebeur nie net een ding nie.
Nee, want net soos die Here die weerlose persoon in die gedeelte opgetel, versorg en voor goed was, so doen Hy ook vir my – ongeag! Eintlik moes die Here die persoon net daar gelos het. Maar God doen dit nie. Uit genade alleen tel Hy die persoon op. God gryp altyd in – ongeag!
Ja, as dit by die verbond kom. Ek sien die verbond wat die Here met die persoon (en ook met my) aangaan, as ‘n kontrak. ‘n Kontrak waarin die Here belowe om my God te wees, as ek belowe om Hom voluit te dien. Met dien bedoel ek: deur te LEEF soos wat Hy van my verwag, en om in ‘n persoonlike verhouding met hom te GROEI. Al wat op hierdie kontrak kort is my handtekening.
Anders gestel: Dis soos wanneer jy beplan om vir iemand ‘n geskenk te gee. Die geskenk is eers werklik die ander persoon se eiendom die dag wat jy dit aan hom oorhandig en, as hy dit van sy kant aanvaar. Gestel hy aanvaar wel die geskenk, maar gooi dit later weg, of verloor dit omdat hy dit nie opgepas het soos hy moes nie. Dan is daardie geskenk mos nie meer sy eiendom nie of hoe?
Ek sien hoop…. Erens is daar iets of Iemand!
Môresê, Doom
Ding het nodig gehad om weer herinner te word aan loshande van die mooiste woorde in die Bybel:
Jesaja 43:1 “Ek het jou by jou naam geroep. Jy is myne.”
Ongelooflik.
Dankie Doom
Voorspoed vir die dag!
Grondgroete
ding
wag-‘n-bietjie: Daardie voorbeeld oor die geskenk maak my altyd ‘n bietjie bekommerd. Ek dink elkeen van ons het daardie tye in ons lewens wat ons hierdie geskenk so effens verwaarloos. Wanneer het ek nou daardie geskenk te veel verwaarloos? Wanneer is God se genade vir my so genoeg dat ek nie hoef te bekommer oor of die werk van Jesus aan die kruis vir my genoeg was nie. Ek dink die Here wil hê ons moet tot rus kom in sy genade en op Hom en Hom alleen staat maak.
Plattertjie: Toe ek hierdie gedeelte lees het ek gedink aan Koos Du Plessis se liedjie: “Elke keer het U my iewers kom haal. Maak dit Heer die laaste maal.”
Hi Ding:
Hoe lekker is dit dan nou nie om jou vanoggend weer hier raak te lees nie. Is waar dat mens jou soms wil knyp en sê maar daardie woorde is waar.
Daar was ‘n tyd in my lewe toe ek die net van daardie woorde so klein as moontlik wou maak. Ek dink ek was vies oor ek so hard vir die Here werk en ander stap sommer net by die voordeur in en maak hulleself tuis in die sitkamer van die vader se huis. Vandag pla dit my nie eers meer nie. Hierdie verhouding het ‘n liefdesverhouding geword. Hy het my eerste liefgehad en Hy het sy liefde in my hart uitgestort en nou kan ek Hom liefhê. Hy het my en jou by die naam geroep. Ons is syne. Ek wil eintlik by elke mens aanloop en sê: Hy het jou by die naam geroep. Jy is syne.
Voorsped vir die dag!
Woord-groete.
Attie
‘n Pragtige gelykenis wat eers met die volk Israel (OT) en nou met die christen volk (NT Israel) gebeur het.
God vergelyk eerstens Israel van die Ou Testament (die volk) en tweedens Isreal van die Nuwe Testament (die kerke en kerkstrukture) ‘n vrou wat by geboorte moes gesterf het. Maar in Sy genade neem God haar en versorg haar met net die beste.
Te midde van Sy versorging tree hulle (Israel OT en Israel NT) soos ‘n hoer op…!
Die eens versorgde vrou (Jerusalem) word dan deur God verklaar as ‘n hoer.. in teendeel sy word as die moeder van die hoere geag
(Openb 17:5) en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Soos wat die volk Israel met die eerste koms van die Messias soos ‘n hoer gehandel het, het die kerke en kerkstrukture nou weer met Sy tweede koms dieselfde paadjie gevolg. Aangaande die instellings, naamlik die ou en nuwe testamentiese singagoge en kerkstrukture verklaar Hy niks goeds nie…
(Eze 16:58) Jou skandelike daad en jou gruwels moet jy dra, spreek die Here HERE.
(Eze 16:59) Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
Maar God het getrou gebly aan Sy ewige volk Israel (diegene wat God se ewige eiendomsvolk is, diegene wat uiteindelik deur God van hul sondeskuld vrygespreek word omdat Jesus vir hulle sondes aan die kruis betaal het) al het hulle ook soos ‘n hoer opgetree…!
(Eze 16:60) Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou ‘n ewige verbond oprig.
(Eze 16:61) Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.
(Eze 16:62) En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die HERE is;
(Eze 16:63) sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE.
God is besig om deur Sy Woord (die Bybel) die koring van die onkruid te skei (vergelyk die gelykenis in Matt 13) net voor Sy wederkoms. Daar is genoegsame Bybelse bewyse dat God met die sinagoges (OT) en kerke (NT) as instellings klaargemaak het…!
Daarom beveel Hy Sy ware ewige volk (diegene wat getrou en gehoorsaam is aan Sy Woord) om uit haar (die hoer) uit te gaan..
(Openb 18:1) En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
(Openb18:2) En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
(Openb 18:3) omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
(Openb 18:4) En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
(Openb 18:5) Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
Attie moet asseblief nie persoonlik opneem nie.. dis nie teen enig mens as persoon gemik nie.
Attie ek sal graag jou siening oor hierdie boek wil hoor dis Family Radio se jongste boek getiteld WE ARE ALMOST THERE!!!
http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html
Mag God jou ryklik seen
johannes coetzee
Family Radio luisteraar (Suid Afrika)
Johannes_11: Ek weet ek is van my sondeskuld vrygespreek omdat God in sy woord my so leer en nie omdat ek aan enige vereistes voldoen het nie. As ek aan enige vereistes moes voldoen om genadige vryspraak te verkry, sou ek dit nie gekry het nie en sou dit ook nie geande gwees het nie, maar verdienste. Hou in gedagte dat mense my dikwels daaraan herinner dat ek God se genade te ver vat.
Daar is wel lig aan die einde van ‘n donker tonnel, GOD is goed, GOD is lief vir ieder en elk van ons.
johannes coetzee
Daar is genoegsame Bybelse bewyse dat God met die sinagoges (OT) en kerke (NT) as instellings klaargemaak het…!
Daarom beveel Hy Sy ware ewige volk (diegene wat getrou en gehoorsaam is aan Sy Woord) om uit haar (die hoer) uit te gaan..
Ek stem nie met jou saam nie
Sy genade kan nooit te ver gevat word nie want dit is eindeloos.. Die probleem kom wanneer Sy genade as vanselfsprekend en buite die verlossingsplan van God aan die mensdom voorgehou word. Soos wat daar ‘n uur sou aanbreek dat God van ou testametiese Israel sou “skei” (sy verdien eintlik om gestenig te word vanwee haar hoerery) sou daar ook ‘n uur aanbreek wat God met sy finale oordeel sou begin.
Daardie uur het op 21 Mei 1988 aangebreek toe God (in Sy genade) van nuwe testamentiese Israel (kerke en kerkstrukture) geskei het as deel van die begin van die finale oordeel. Die uur sou aanbreek wat God NT Israel sou oorgee aan die Satan wat homself maar al te gewillig as Christus sou voordoen.
(2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
(2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Die seun van die verderf is niemand anders as Jesus se grootste vyand wat hom as God voordoen, en deur ‘ministers of righteousness” werk sonder dat hulle dit agterkom…!
Dis skrikwekkend maar waar… ek wou dit ook nie glo nie. Hierdie verborgenheid (mystery) sou gedurende die kerk-era deur niemand raakgesien kan word nie, maar nou dat ons in die “tyd van die einde” is, en die seels oopgebreek is kan dit toenemend raakgesien word. God is besig om tans “buite” die “hoer” besig om Sy finale oes in Sy koningkryk in te bring en wel ooreenkomstig dit wat Hy in Sy Woord eeue gelede geskrywe het.
(Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
johannes coetzee
Johannes: Ek verstaan jy het ‘n saak om te stel en ‘n punt om te maak, maar ek moet ongelukkig met Alec saamstem op hierdie punt dat ek nie met jou saamstem oor hoe jy die Bybel interpreteer nie.
Alec
Ons mag verskil, daar is tog immers net een waarheid en dit behoort tot ons deur te breek so seker as die son elke dag opkom.
Die Bybel is tog immers nie daar vir eie interpretasie nie maar die Woord word deur die Woord self verklaar.
(1Co 2:13) Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Net een vraag, wie dink jy is die moeder van die hoere waarna in Openb 17 en 18 verwys word? Waarom sou verborgenheid op haar voorhoof geskrywe staan?
johannes
Jy veroordeel jouself deur te se: “Die Bybel is tog immers nie daar vir eie interpretasie nie ”
Hierdie is nie die regte forum om in gesprek met jou te tree nie. As jy deur hierdie bloggs lees sal jy agterkom dat die profiel van attie se blog heeltemal van jou skrywes verskil en ek gaan probeer om nie verder op jou te reageer nie. Ek dink jy moet ‘n ander plek soek om jou interpretasies van die bybel mee te deel en ek wens jou sterkte toe.
Alec: Vir een of ander rede het wordpress besluit dat jou kommentaar eers teruggehou moet word. Skuus dat jou kommentaar telkens so laat opkom.
Alec
Dit klink of jy namens Attie praat…? Die vraag word immers vir die leser gevra …”Wat sê hierdie gedeelte uit Esegiël vir jou?”
Attie as jy met Alec saamstem, naamlik dat jy nie gaan toelaat dat ek my mening (op jou versoek?) moet plaas nie, sal ek met graagte ophou om my interpretasie van die Bybel hier te plaas.
Ek hoor graag van jou?
Mag God jou (jul) ryklik seen.
johannes coetzee
Johannes: Sien my opmerking by 21. Ek dink mens kan die gedagte om die Bybel met die Bybel uit te lê of te verklaar te ver neem. Ek verstaan daardie gedagte in die heel eerste plek dat elke vers binne die konteks van die hoofstuk en binne die konteks van die spesifieke boek en dan ook binne die konteks van die hele Bybel moet verstaan. Dan natuurlik is dit net so belangrik om die konteks waarbinne die teks sy grondslag gekry het ook in ag te neem. Op ‘na manier staan elke teks dan ook binne die konteks van die gebruik van daardie teks deur die eeue. Deur ‘n klomp tekste wat gelykluidende woorde gebruik aan mekaar te ryg, help ons nie om die Bybel te verstaan nie.
Ek stem op geen manier daarmee saam dat ons die wederkoms van die Here aan ‘n bepaalde dag en datum kan koppel op grond van sekere interpretasies en uitsprake nie.
Ek sien ook nie kans om deel te wees van enige vorm van veroordeling van die kerk van vandag nie. Die kerk is inderdaad onvolmaak en vol foute en vol sondige mense. Maar die kerk is die manier waarop God sy liefde na die wêreld kanaliseer.
Groete.
Attie ek dink jy beantwoord my vraag nie, staan dit my vry om te antwoord of te reageer op vrae, opmerkings ens op jou blog? Dit wil vir my voorkom of Alec namens jou my geban het…?
Groete
Johannes: My probleem is dat jy nie regtig deelneem aan die gesprek nie, maar jou eie mening oor die wederkoms van Jesus (waarmee ek op geen manier kan saamstem nie) deel maak van enige gesprek. Jy is welkom om deel te neem aan die bespreking, maar dan moet ek jou vra om by die punt onder bespreking te bly.
Attie
Ek was ook in “Kanaan”, wat deur Noag, ‘n man van God, vervloek het. My “Pa” was ook ‘n Amoriet (wat beteken “weet ons nie”), m.a.w. ek was ook in onkunde en hulle wat my moes lei, was ook in onkunde. My “Ma” was ‘n Hetiet en die vrouens was as Babiloniërs of Egiptenaars bekend. Ons weet wat was die leefwyse van die Babiloniërs en Egiptenaars van daardie tyd, wat die volk van God gevange gehou het. Die naalstring dui vir my op my verbintenis aan my “voorgeslag”, wat my leefwyse betref. Dit was die bloedskande waarin God my gevind het en Hy het my daaruit kom red. Namate ek sedertdien geestelik gegroei het en geestelik vrugbaar geword het, het God, deur sy diensknegte my bekleë om ‘n rol in die lewe te vul, tot eer van God.
Hierdie is maar die boodskap wat ek in die deel sien hierbo.
Hans: Dankie, waardevolle inset wat jy lewer. Toe daar vir my geen hoop was nie, het God vir my nuwe hoop kom gee. ‘n Nuwe lewe kom gee en ‘n nuwe toekoms oopgesluit.