Die boodskap van die evangelie is van so ‘n aard dat ‘n kind dit kan verstaan. ‘n Uitdrukking wat graag deur mense gebruik word, maar ‘n uitdrukking waaraan mense verskillende betekenisse gee.
Kinderlike geloof sou vir sommige beteken dat hulle op ‘n kinderlike wyse alles glo en aanvaar wat in die Bybel staan en dit nie bevraagteken of te veel daaroor wonder nie.
Ander sal weer vir jou beklemtoon dat ‘n kind juis geneig is om baie vrae te vra. Kinderlike geloof is dan vir hulle juis om nie alles vir soetkoek op te eet nie. Maar aanhoudend vrae te vra totdat daar by ‘n antwoord gekom word, wat hulle tevrede stel.
‘n Voorbeeld hiervan is ‘n vrou wat vir my ‘n e-pos stuur (Ek moet nog die vraag antwoord) met die volgende vraag: Het die Here die duiwel lief? Sy vra dit vir my want haar kind vra haar die vraag. Haar kind se redenasie is dat die Here ons die opdrag gee om ons vyande lief te hĂȘ, en die duiwel is Jesus se grootste vyand. Het Jesus die duiwel lief? Lees voort “JESUS VERWAG DIE ONMOONTLIKE VAN ONS”