OM GOD SE STEM TE HOOR

Kan ‘n mens vandag die Here se stem hoor?

Ek het gisteraand ons tieners se selgroep gehad – hard werk, hulle hou net nie op nie.  Uit ons gesprekke het hierdie saak ook aan die orde gekom – hoe weet mens as die Here wil hê jy moet iets doen? Ander sou die vraag dalk ‘n bietjie anders vra. Bv.: Hoe hoor ‘n mens die Here se stem?

Volgens ons gemeente se Bybelleesprogram, lees ons vandag ook die gedeelte in Handelinge 13:1-3 oor die eerste gemeente wat saam was en toe het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” (Handelinge 13:2) Die ander baie bekende voorbeeld in die Nuwe Testament is natuurlik Johannes op die eiland Patmos. Vyftien keer in die Nuwe Testament praat God met mense. (Uitgesonderd die sewe kere in Openbaring.) Wanneer Jesus in Johannes 10 praat van die verhouding tussen Hom en sy skape is dit ook duidelik dat hulle sy stem ken en Hom volg.

Ek en my vrou het ‘n baie besondere verhouding. Niemand ken my soos my vrou my ken nie en altwee van ons doen moeite om seker te maak ons weet wat gaan aan in die ander een se lewe. Gistermiddag het ek vyfuur huistoe gekom en daar was ‘n uur oop voor die aandprogram begin. Ons het alleen in die studeerkamer gesit en net gepraat oor wat in my dag gebeur het en wat sy alles beleef het. As sy praat, dan weet ek dit is sy. Ek herken haar stem. Ek hoef haar nie te sien om te weet dit is sy wat praat nie. Ek weet!
Ek reken: Hoe meer intiem ‘n mens se persoonlike verhouding met die Here is, hoe makliker is dit om sy stem te hoor en te herken.

Die Here praat met ons op verskillende maniere. Die belangrikste manier waarop God met ons praat is deur sy Woord. Natuurlik misbruik baie mense die Here se Woord en lees dit soos ‘n persoonlike brief wat oornag spesiaal vir my geskryf is en as ek vanoggend die Bybel lees en daar staan ek moet afgesonder word om die werk te doen waarvoor die Here my geroep het, dan beteken dit ek moet nou alles los en gaan sendingwerk gaan doen. Ek dink nie dit werk so nie.

As ek die Bybel dikwels lees, dan vorm die Bybel as God se Woord my denke en ek begin al hoe beter verstaan hoe God se hart werk. Ek begin later al hoe meer in ooreenstemming met die Bybel dink – so praat die Here met my. Ek kom net nooit op die punt waar ek God se gedagtes ten volle ken en elke keer kan sê: Die Here sê…

Ek dink ook die Here praat deur die raad wat ander mense vir my gee. Ek luister graag na die insette van sekere mense in my lewe. Ek het ook al geleer om nie na sekere mense nie te luister nie. Ek glo die Here gebruik mense om my te help om te weet wat dit is wat Hy wil hê dat ek moet doen. Ek hoor dikwels die Here se stem in die raad van wyse mense in my lewe en ek soek daardie raad, want ek loop altyd die risiko om my eie gedagtes te verwar met die stem van die Here.

Hy praat ook deur die skepping omdat ons in die skepping God se vingerafdrukke sien en ons weet hoe Hy is deur bewus te wees van wat Hy gemaak het.

Ek het al ook by geleentheid ‘n droom gehad en wakker geword en ek was net baie bewus daarvan dat die Here met my gepraat het, maar dit het enkele gebeur en ek dink dit was kere toe ek nie een van die ander maniere wou glo nie en die gevaar geloop het om ernstige foute te maak.

Maar, daar is ook wat op Engels so mooi gesê word: “His still small voice.” Ek ken dit as ‘n gedagte wat ek nie weet waar dit vandaan kom nie. Ek ken dit as ‘n oortuiging wat in my hart inkom wanneer ek oor ‘n sekere saak gebid het en ek die verskillende moontlikhede oorweeg het en in gebed met die Here deur gepraat het en dan uit die gebedstyd uitstap met ‘n stil vrede wetende wat ek moet doen. Die here praat so met my.

Die Here Jesus het aan ons die Heilige Gees belowe en Hy is aan die werk in die lewe van elke een van God se kinders. Die  Heilige Gees is die Een wat met ons kommunikeer.

Kinders van die Here kan die stem van die Here hoor.

Die Here praat met ons met die doel dat ons moet glo en gehoorsaam. Somtyds moet ons net glo dat Hy ons liefhet. Ander kere is daar iets wat ons moet doen of nie moet doen nie. As ons nie sy stem gehoorsaam nie, is daar mos nie waarde daarin dat Hy met ons praat nie.

68 thoughts on “OM GOD SE STEM TE HOOR

Add yours

  1. Ek bid ook om iets te hoor – ‘n antwoord; leiding – ek het darem groot rustigheid daaroor binne in my, maar ek wil meer konkreet ‘hoor’…

  2. Doom At

    Hallo, hoop dit gaan goed.

    Daar staan iewers geskrywe, ” wees stil en weet ek is die Here”, ek het lank hieroor gedink, my gevolgtrekking is dat ons baie “geraas” in ons denke het, en nie altyd mooi kan descern nie, ek het die voorreg gehad om meditasie te leer deur ‘n program wat die Dubai Polisie aangebied het om mense te leer om asem te haal en te mediteer om sodoende agressie te verminder op die paaie hier, omdat ons baie ongelukke het op die snelwee agv mense wat hul humeure verloor, met die meditasie het ek agtergekom as ek astware niks se nie en net luister, en my kop stil maak dan raak goed baie duidelik, baie mense sal nou se dat dit okulties is en so aan, maar dit is nie so nie, my dominee noem dit kontemplatiewe gebed, en dit is verskriklik kragtig!!

    Se my wat jy dink Attie

  3. Attie jy sê die Here praat met ons deur sy Woord. Waarom praat die here dan so verskillend met mense deur sy Woord? Neem byvoorbeeld die kwessie van homoseksualiteit. Vir die een groep sê die Here deur sy woord dit is sonde en vir die ander groep sê die Here deur sy Woord dit is nie sonde nie. Wat sê die Here deur sy Woord vir jou hieroor?

  4. Dagsê, Doom!

    Hmmm… ‘n besonder fyn, skerp waarnemer drink by hierdie koffietafel koffie…

    Ding wil maar sommer so van die kant af vir waarnemer sê ding wetie of jou se vraag so helemal in die kol is nie, behalwe nou as jy eintlik net so ‘n snykant fyn humorsin het soos jou waarneming is. Want sien jy, dit is nie noodwendig die praat wat verskillend is nie; dis die hoor wat so verskillend is – is maar hoe ding dog.

    Laat vir ding dink aan stoutsus wat eenkeer vir ding kom vertel het van die klomp betogers en hoe sluierendes langs die pad maar sommer so aangelap het by die straal skeeuendes. Toe daar by die aanvanklike bymekaarkompunt besluit is om te begin stap, is die aankondiging gemaak dat almal sal loop en skree: “We demand equal rights!” Daar was egter maar verwarring en natuurlik meer as te veel stemme en geluide. Diegene verste weg van die aankondiging, loop toe net so lekker en skree, maar hulle skree, doodgelukkig: “We want Big Corn Bites!”. EN ja, natuurlik het elkeen van daai betogers geglo in die saak – hulle was oortuig daarvan dat hulle vir die regte saak betoog. Miskien is gelowiges ook maar so.

    Ding moet eers loop, maar ding sal weer kom inloer. Dankie vir die inskrywing, Doom. Paslik, maar dit weet Doom!

  5. Beste Thinus,

    Ek wil nie verse quote nie. Ek praat van hoe die Here NOU met mense praat. Daar is gelowiges wat baie lief is vir God en sy Woord maar wat God heeltemal verskillend “hoor” oor die kwessie van homoseksualiteit. Vir party is dit sonde en vir ander nie. Ek wil graag by Attie weet hoe hoor hy God se stem wat dit betref.

  6. Nou sit ding so by homself en wonner: nou Waarnemer, presies net hoekom sal die Here nou met die Doom moet praat oor hoe die Doom moet hoor van homoseksualiteit, hmmm? Want ding meen nou maar dis duidelik dat die Doom nie gay is nie en as hy nie gay is nie, hoekom moet hy hoor daaroor? Die enigste ander rede om te wil hoor, as manman nie self so is nie, is om dit oordeel – of nie? En dis een nommer van hierdie Doom: hy oordeel nie. So, Waarnemer, wat laat jou die Doom so ‘n vraag vra?

  7. BB: ‘n Tiener sê gisteraand vir my: “Ek wil hom met my hoor praat soos ek jou nou hoor praat.” Ek twyfel of dit gaan gebeur. Daai rustigheid – dit is Hy.
    Thinus: Kontemplatiewe gebed werk vir sommige ouens baie goed. Ek is bly as dit vir jou werk. Geluk met die rook. Toe ek die eerste keer hoor jy het opgehou het ek ‘n gevoel gehad jy gaan dit maak.
    Waarnemer: Lees bietjie LX of ding se opmerking. Ek hou daarvan. Dit is nie die stem wat ‘n probleem is nie, dit is die hoorder. Daarom moet ons ook maar na mekaar luister, want iemand anders verstaan dalk iets beter as wat ek dit verstaan.
    Marina; Bly as dit vir jou iets kon beteken.
    Ding: Man is dit nou lekker om weer jou vinderafdrukke hier op my “blog” te sien. Jou opmerking oor die Big Corn Bites” is snaaks, maar raak. Dankie. Dankie ook vir jou bietjie beskerming oor die “gay” sakie. Ek het ‘n vermoede ek gaan slae kry oor hierdie een, so ek gaan net so ‘n bietjie dink. Ek het ‘n mening maar nie ‘n standpunt nie.

  8. Doom, ding kry sommer ‘n warm glimlag in die ooghoeke wanneer ding terugdink aan hoe God al met ding gepraat het deur ander mense se stemme en optrede. Meer as die stem binne-in ding – daai wat Moedertjie mos die gewete roep – en meer as die natuur selfs, tref juis die kommunikasie deur ander mense vir ding slag-slag. Dat God soveel moeite kan doen.

    Ding sokkel-sokkel maar te gereeld daarmee, maar ding hou nogal daarvan om te wil onthou, wanneer ding met ander naby aan ding se hart kommunikeer, dat ding nie net met hulle in ‘n bepaalde verhouding is nie, maar eintlik eerder met God oor hulle in ‘n verhouding is. Ding dink nogal ding sou ook so oor ding se kinders gevoel het, het ding kinders gehad.

    Ai, dis sommer so ‘n tuistegevoel om weer kans te kry om met magnus hier by die doom te kom koffie drink. Dankie tog daarvoor!

  9. Waarnemer: Oor hoe hoor ek die Here oor homoseksualiteit. Stilte doodse stilte. Maar, iets waarvan hy my in die laaste paar maande (sê maar twee) baie bewus gemaak het onder andere omdat ek ook graag hoor wat ander gehoor het, is dat alle dinge is nie ewe belangrik nie. Bv. Is dit belangriker om God se koninkryk te sien kom as om ‘n finale mening oor homoseksuele te hê. Waaroor gaan die koninkryk van God: Ek moet God meer liefhê as enige iets anders en dan my naaste soos myself. Homoseksuele is ook my naaste. “I could’nt” care less” of homoseksualiteit sonde is of nie. Maar as my Here my betrap dat ek nie vir die homo-seksuele persoon lief is nie, dan sal Hy darem baie teleurgesteld wees omdat ek Hom darem so verkeerd kon gehoor het. Enige homoseksuele persoon (lees asseblief die enige mooi raak) is welkom ins ons gemeente. Want God se koninkryk moet ook tot by homoseksuele mense kom. Dalk systap ek die “issue”, maar ek het die homoseksuele en enige ander persoon lief, omdat die liefde die grondwet van die koninkryk is en ek wil hier en nou binne die koninkryk leef. As homoseksualiteit dan sonde, is die kruis-werk van Jesus Christus ook vir daardie persoon genoeg, soos vir my met my somstyds vinnige humeur of daardie versoeking wat ek laas week nie kon weerstaan nie. As homoseksualIteit dan nie sonde is nie, is die homoseksuele persoon in elk geval VAN die kruiswerk van Christus Jesus afhanklik vir verlossing soos enige ander sondaarmens.
    Dis wat ek hoor. Ek is oop vir oortuiging, maar nie vir die tipe van oortuiging wat van my verwag om veroordelend te staan teenoor sulke mens nie. Dit is net te naby aan my lyf.

  10. Oraait Attie ek gee jou sewe uit tien vir jou antwoord. Miskien selfs agt uit tien 😉 . Dit is nogal ‘n dapper antwoord vir ‘n NG dominee. Ek neem aan jy is NG?

    Maar noudat ek klaar ‘n rosie aan jou lapel geesteek het, hier is die dorinkie. Jou nice prekie hier bo aan my antwoord natuurlik nog nie my vraag nie. Waarom lei die Heilige Gees jou om so verdragsaam te wees teenoor gays maar ander diep gelowiges word volgens hulle ook deur dieselfde Heilige Gees anders gelei. Hoe is dit dat die Heilige Gees die NG sinode so lei dat gays diakens en ouderlinge mag word in gemeentes wat dit so wil hê maar dat hulle nie diakens en ouderlinge mag wod in gemeentes wat dit nie so wil hê nie?

    Klink dit vir jou na ‘n billike en redelike leiding van die Heilige Gees Attie? Sê my eerlik asseblief. Of hoor party gemeentes die Gees reg en ander verkeerd?

  11. Ek wil net vra of die bybel nie meer belangrik is as wat iemand hoor nie. enige persoon kan se hy hoor iets en se nou maar dis teenstrydig met wat die bybel se, dan gan niemand dit Glo nie. Ek dink God weet dit en daarom dink ek ni hy sal vir n persoon se iets wat teenstrydig is met die bybel nie.

  12. Ruan die Bybel sê ook dat ‘n ongehoorsame kind buite die stadsdpoorte met klippe doodgegooi moet word. Stem jy darmee saam?

  13. Waarnemer: Ek kan nie vir jou ‘n antwoord gee op jou vraag waarom almal nie by dieselfde antwoord uitkom nie. Ek ken van my broers wat in wese baie ernstig met my verskil, maar hulle bly steeds my broers. Almal van ons ken ten dele. Dalk het jy mis gelees dat ek sê nie alles is ewe belangrik nie en somtyds – net somtyds moet ons as huisgesin van God ook leer om mekaar te verdra al kan ons nie almal met mekaar saamstem nie. Somtyds dop ons die toets. Somtyds doen ons ‘n klein bietjie beter.
    Ruan: Alles wat ons dink ons hoor, moet maar weer en weer getoets word aan die Bybel.

  14. en van wat jy gese het daar bo se die bybel ook jy moet jou naaste lief he soos jouself en hy se ook jy moenie mense dood maak nie

  15. Ons leef Nuwe Testamentiese tye. Ons moet die Nuwe Testament gebruik om die Ou Testament beter te verstaan. Ruan interpreteer ‘n “wet” in die Ou Testament aan die hand van die Nuwe Testamentiese beginsel (wet) van liefde. Vir ‘n tiener doen Ruan nie sleg nie.Ek noem die liefdesgebod die grondwet van die koninkryk. As iets bots met die grondwet van die koninkryk, dan moet ons mooi dink, baie mooi dink.

  16. Nee Ruan ek sê nie mens moet die Bybel afskryf nie. Weet jy wat wil ek graag sien Ruan. Ek wil graag hê dat veral dominees dapper genoeg moet wees om op te staan en reguit vir die mense te sê om nie die Bybel te aanbid nie maar vir God. Jesus het dit met die Fariseërs gedoen. Ons maak te veel van die Bybel en te min van Jesus se boodskap. Die gevolg is dat ons ‘n papierpous aanbid 😦

  17. Waarnemer: Ek dink jy het ‘n punt beet. Ek dink jy sê dit dalk ‘n bietjie skerp, maar ek dink jy beleef dalk dat jy oor een oor dieslefde ding sê en nie gehoor word nie. Ek dink ons bedoel dieselfde ding waar ek in my “post” gesê het dat sommige mense die Bybel lees as ‘n persoonlike brief wat oornag geskryf is en dat ek alles net so moet verstaan en toepas. As iemand dan handelinge 13:1-3 lees dan glo daardie persoon die Here verwag van hom/haar om nou sendingveld toe te gaan. Maar, verduidelik bietjie vir ons watter rol dink jy moet die Bybel inneem in die lewe van God se kinders? Hoe verstaan jy dit, wat was Jesus se boodskap?

  18. Attie leef jy regtig nog in Nuwe Testamentiese tye broer? Is dit nie so min of meer 2 000 jaar laat nie. Persoonlik dink ek ons leef lankal nie meer in Nuwe Tesamentiese tye nie. Ons leef in ‘n heeltemal ander tyd. Daarom is dit nie net die Ou Testamentiese wette wat verander het nie. Baie nuwe Testamentiese voorskrifte het ook verander. Ek dink ook nie Ruan doen sleg nie. Tieners is oor die algemeen baie meer oopkop om die bullshit raak te sien wat ouer mense steeds glo. Ek dink jong mense doen dêm goed want hulle eet nie alles vir soetkoek op nie. Hulle bevraagrteken! Dis gesond.

  19. ek hoor wat jy se waarnemer, en dis presies daar wat mens moet dink. Om die Here te dien moet mens die bybel gebruik. Maar dit is so, mens moet nie di bybel aanbid nie. Dink an die bybel as padkaart, hy help jou om die pad te vind. en as n bordjie se dis die of daardie straat, raadpleeg jy die padkaart. verstaan jy wat ek se?

  20. Waarnemer, jong, ding besef jy spreek vir Doom uitsluitlik hier aan, maar nou IS dit ook so dat julle mos nou nie alleen by die koffietafel sit nie. So ding, siende dat ding nou vandag hier is, gaan nou sommer maar praat.

    Jong, jy’t aanvanklik aandag getrek met ‘n vlymskerp vraag – ongetwyfeld. Gepraat van billik en redelik – gits, hoe kan jy reken om billik en redelik te wees waar jy eers die Doom se persoonlike eerlike mening vra en hom dan verguis oor hoe ander gemeentes optree; asof hy nou vir daai gemeentes pa staan? Nee man, staan sterk en loop vra daai gemeentes self hoe hulle by hulle se besluite uitkom!

    Persoonlik dink ek in elk geval jy mis die punt waaroor Doom eintlik vandag gesels – eers wil jy weet hoe die Doom persoonlik en eerlik die Here hoor oor homoseksualiteit … en HOE is dit JOU besigheid?

    Reageer die Doom dan nou nie helemal soos wat jy graag sou wou sien dat hy wel reageer nie, slaan die onvermoë tot gesonde, intellektuele debatvoering deur in jou grype na sarkastiese, verkleinerende, snedige opmerkings.

    Dis jammer dat jou waarneming so eng is – jy neem goed genoeg waar dat gemeentes verskil oor ‘n sekere aangeleentheid, maar jy kan nie waarneem dat die oorsaak van sodanige verskil spruit uit mense met soortgelyke denke as jy nie. Dit is juis omdat mense se oogmerk eerder fokus op die “reg” om te mag oordeel as op die boodskap van God, dat jy sit met die vrae waarmee jy sit; vrae waarvoor jy nie regtig antwoorde soek nie. Ek ervaar jou vrae in elk geval meer as aantygings verdoesel en gemanupileer in die vorm van vrae in.

    Persoonlik reken ding jy wil eintlik sê die sinode en sekere gemeentes manupileer die hele idee van leiding deur die Heilige Gees. Onder die vaandel van die leiding van die Heilige Gees word mens-gefundeerde-besluite geneem en geregverdig. En dit is hoekom ek vir jou sê jy mis die punt van Doom se inskrywing vandag. Bowendien HET Doom mos ook gesê dit gebeur wel dat mense dit misbruik.

    So, Waarnemer, wat is nou eintlik jou probleem?

  21. …waarnemer, ek vermoed jy maak dalk ‘n beginselfout…’n fout wat deur baie gemaak word. God is nie die Kerk nie. God is nie die NG Sinode nie. God is nie ‘n dominee nie.

    Skies, ek rephrase. God se waarheid is nie noodwendig die Kerk s’n nie. God se waarheid is nie noodwendig die NG Sinode s’n nie. God se waarheid is nie noodwendig ‘n dominee s’n nie.

    Al hierdie liggame mag op ‘n seker tyd dalk voel “God sê…”. MAAR…indien dit teenstrydig is met Sy absolute waarheid (die Bybel) is dit gewoonlik eerder ‘n geval van “Ek sê vir God…”.
    Laasgenoemde dan niks minder as ‘n dwaallering nie…

  22. PhillipaFischer ek weet nie waarom val jy my so skerp aan nie. Sal jy assblief vir my aandui waar het ek vir Attie verguis. Ek het toevallig om hierdie koffietafel geland via ‘n ander blog. Ek is ook nie van plan om die paartjie te gate crach nie. Ek sal loop as dit jou beter sal laat voel. Ongelukkig sal die moeilke vrae nie saam met my padgee nie. Jy sal al lankal van my korstondige teenworodigheid hier om julle koffietafel vergeet het dan sal die vrae nog steeds bly spook. Ons moet leer om daarmee te deal.

    Ruan ek dink jou beeld van die Bybel as padkaart is ‘n goeie een. Ek gebruik gewoonlik die voorbeeld van ‘n kompas as ek van die Bybel praat. Gestel my kompas sê ek moet reguit Noord beweeg om by my bestemming te kom en ek kom voor ‘n groot afgrond te staan. Gaan ek aanhou om reguit vorentoe te loop of gaan ek my koers verander. Jy is skerp. Ek is seker jy kry die boodskap.

    Hou koers en vrede vir julle almal. En sorrie vir my “eng” waarneming. Ek is maar dommerig 😉

  23. okay, se nou jy kom by jou afgrond. dan aanvaar jy die bybel aleen kan jou nie help nie en dis hoekom mens bid ook. die bybel se, God sal niks op jou pad plaas wat jy nie kan hanteer nie. wat ek daarmee wil se is dat mens soms in die lewe moet val om te leer uit jou vout uit. maar weet dat God daar is om jou op te help. en ek is ook seker dat daar waarskuwings voor di afgrond sal wees.

  24. hehe…. nou bloos hierdie ou ding darem lekker, hoor!

    Wikkeltjie, ‘skies, vergewe dan tog maar vir ou ding, asseblief?

    Doom, ding moet nou groot verskoning vra – met magnus se battery gedaan en ding so lekker aan die gesels hier vandag, skuif ding ewe houtgerus oor na die ander rekenaar … maak mos nie uit van tegnologie nie … tik te lekker en dis mos NOU, toe Wikkels vir ding, redelik skuins beswaard bel en vra hoekom sy sien sy comment by ‘n blog wat sy nie lees nie, dat ding loop kyk en sien wat ding aangevang het!

    Sien, ding is hierdie week terug in die tuig en weg van die plaas – terwyl ding in die stad is, gaan ding tuis by stoutsus en wikkel – en dan misbruik ek hulle gasvryheid soooo! O my blikskottel – iemand help, hoe kry ‘n man sy skoonsuster weer goed vir hom as hy haar sooo op ‘n knop gejaag het???

  25. Ruan voor jy oor die afrond neuk onthou om alleen met twee ll’e te spel en fout net ‘n lang f 😉 Niks major nie, ek sê maar net. As ek jou nie nou sê nie gaan een of ander onderwyser dit doen en boonop doen slordige spelling afbreuk aan skerp argumente. Hey! keep if up bro!! Ja, jy gaan nog baie val in die lewe. Ek ook. Maar wag laat ek koers kry. Die koffie word koud! Pas jou op.

  26. Waarnemer

    Die doel van die’blog is vir hoop en vertroosting, Attie se gesindheid is een van geduld en liefde, dink jy nie jy se die verkeerde goed by die verkeerde plek nie ?

  27. Terloops Waarnemer

    Dis vandag hoog mode om die bybel verkeerd te probeer bewys en die kerk as ‘n onnuttig te verklaar, ek weet ek doen dit self baie jare, so jy praat baie my taal.

    Maar jy sien, die kerk en die bybel het al baie trials en tribulations al gedeurstaan, ek en jy sal dit nie verander nie, en die ding oor wie gays aanvaar en wie nie, so what!!?? it takes all the kinds of people to make the world go round, ek stem nie altyd met die kerk en die bybel saam nie, maar probeer maar om min of meer in die selfde konteks van wat bespreek word te bly, ek vind baie vrede op die’blog met sy imperfect mense wat deurnis het met almal.

    As jy mooi daarna kyk is dit ‘n baie interessante blog, but stick to the subject!!

    Groete
    Thinus

  28. Ek ‘hoor’ Sy Stem binne my, want ons is een; Johannes 15:20….Ek sal hom ook liefhê en My aan hom OPENBAAR

    Hy wys vir my soms deur (visions) gesigte of prentjies wat gaan gebeur
    Hy waarsku my teen gevaar deur my sintuie in te span, veral my 6de sintuig
    Ek het as sy hand letterlik op my skouer gevoel toe ek baie hartseer was
    Iemand wat gereeld hier kuier, het een oggend dieselfde hand al op sy/haar koorsige voorkop gevoel……
    Ek het al gehoor hoe Hy vir my sê en wys hoe hy my in sy vlerke toevou en beskerm
    Hy wys vir my as daar demone in aantog is (gisteraand) wat in my wil inhibeer en dan wys hy vir my hoe om dit teen te staan deur Sy Bloed
    Hy wys vir my wanneer iemand swig terwille van aanvaarding

    Hy Leef en daarom gee hy vir my Sy Gees om in my te woon. Lees dit self en ervaar dit

    Hy laat my sien wanneer iemand, iemand se naam valslik gebruik

    Hy maak vry: Esegiël 13: 20 “Daarom,” so sê die Here my God ”pluk Ek die toorbande van julle arms af, die bande waarmee julle mense soos voëltjies in julle mag gekry het, en laat Ek mense vry vir wie julle so in julle mag gekry het………hulle sal nie meer prooi in julle hande wees nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.

  29. patrys, dit klink werklik wonderlik. ek sal graag so verhouding wou het met di Here
    waarnemer, ons jaag jou nie weg nie, jy kan bly as jy wil

  30. Thinus,

    Daar is niks wat my hier hou nie Thinus. Ek weet ook goed jy en almal hier het my teenwoordigheid nie nodig nie. As jy reken ek sê die verkeerde goed by die verkeerde plek waardeer ek jou eerlikheid. Masar hel ou maat, as ek so onwelkom voel soos nou wonder ek hoe welkom sal iemand van buite in hierdie kring voel wat glad nie eers aan God glo nie. As ek wat myself as ‘n volgeling van Jesus beskou nie kritiese vrae mag vrae nie wonder ek hoeveel jy al in jou lewe te doen gehad met mense wat regtig kritiese vrae vra.

    Ek het geen twyfel dat Attie ‘n smart ou is nie. Ek dink hier is baie smart mense op die blog. Dink jy ek weet nie ek is ‘n vreemdeling in Jerusalem hier nie? Ek verstaan jou ongemaklikheid met my teenwoordigheid. Jou lojaliteit teenoor Attie is bewonderenswaardig. Ek hou daarvan want lojaliteit is vir my een van die mooiste eienskappe in mense wat daar is.

    Moet net nooit, maar nooit dat lojaliteit jou blind maak vir vrae wat in jou eie gemoed mag wees of vir die vrae van ander mense nie. Jy hoef jou lojaliteit teenoor jou eie mense nie te versaak deur ook na ander te luister nie.

    Sorrie vir die prekie maar jy het my verlei om ‘n ongevleuelde woord te spreek. Maar thanks vir jou tweed pos. Dit is nice om te sien jy het toe bietjie afgekoel en was toe nie meer so de moer in vir my nie.

    Vir die rekord. Ek is nie ‘n troll nie en geensins van plan om julle gesprek op te foeter nie. Noem my maar die reisiger op soek na die waarheid wat ek weet niemand ooit regtig sal vind nie. Die stille getuie van groot dinge. Ek het al om baie vure gesit. By sommige word ek weggejaag en by ander word ek nader genooi om die hitte van die vlamme te voel. En aanstons stryk ek maar aan met die langpad. Elke keer ‘n ryker en ryper mens. 😉

    Pas julle op. Die lewe is maar net ‘n asem lank.

  31. Die meerderheid van die ouens wat hier by my koffietfael kom koffie skink het ek maar hier op die “blog” leer ken. Julle lojaliteit is vir my baie lekker. EK ken nie eers die meeste van julle se gesigte nie. EK weetr joe lyk DIng se skoene, maar nie hoe lyk sy gesig nie. Thinus weet ek bitter min van, en so sou ek kon aangaan. My gevoel is tog dat ons mekaar hier leer ken het. Waarnemer, ek gee nie om vir jou kritiese vrae nie, en elkeen van die ouens wat hier is het al met my oor verskillende sake verskil. Ek ken net nie die antwoorde nie. Ding is tog ‘n bietjie reg, jy het my uitgelok oor homoseksuele mense, toe gee ek ‘n antwoord en ek het geweet dit maak nie saak wat ek se nie, jou volgende post gaan klippe wees. Gaan kyk bietjie ek het dit hier bo geskryf. Ek is nie bang vir die vrae nie, en ek is ook nie bang vir die klippe nie, maar die doel van hierdie blog is dat ook ek by ander sal leer – met ander woorde ek het nie al die antwoorde nie. Vra gerus jou kritiese vrae, maar verstaan ook as die antwoord soms “ek weet nie” is.

  32. Attie jy is regtig onredelik. Of jy lees niks wat ek skryf nie. Na jou gay antwoord het ek juis gesê dit is ‘n DAPPER antwoord. Sal jy my asseblief wys waar is die klippe wat ek na JOU gegooi het. Asseblief Attie wys my.

    Jy weet goed ek het hier geland via Rev se blog. Hy praat my taal en daarom het ek kom kyk wat gebeur hier. Jy ken mos ook die kuburland Attie. Dit is so groot en wyd soos die Heer se genade. Ek het geen behoefte om my aan jou of jou blogvriende op te dring nie. Daar is baie vure waar ek by kan gaan sit. En waar ek welkom is.

    Nog net een ding Attie. Die antwoord “ek weet nie” is seker in die teologie die antwoord waarvoor ek die heel meeste respek het. Moet tog nooit ooit in jou beroep verskoning vra omdat jy op ‘n teologiese vraag sê “ek weet nie”. As jy dus dink ek wol jou looi omdat jy sê ek weet nie dan slaan jy die bal ver mis met my.

    Vrede vir jou!

  33. By BB hoor ek dat ons soek na maniere waarop die Here aan ons kan bevestig dat Hy daar is. Thinus laat my wonder oor meditasie. Marina laat my besef dat ek somtyds op hierdie “blog” die regte ding op die regte tyd sê. Ding het my lekker laat lag maar ook laat dink oor Big Corn Bites. Hoe ver is ek van in die optog voor af? Ding het my ook laat besef dat dit in hierdie blog-wêreld moontlik is om vriendskappe te smee. Ding het my vriend geword – al was hy ‘n keer of wat vies vir my. Bv.: oor Deon Maas. Duskant sê dit vir my so raak – God is nie die kerk nie en nie ‘n Sinode nie en genadiglik ook nie ‘n dominee nie, maar Waarnemer wil ons bewus maak daarvan dat God ook groter en meer as die Bybel is en dat ons nie ons denke oor God moet beperk nie. Ruan gee vir my hoop vir die jeug van vandag. Patrys laat my besef dat ander mense die Here se stem dalk op ander maniere hoor. Waarnemer het my weer laat besef dat ek nie alles weet nie. Sy beeld van die Bybel as ‘n kompas was vir my gepas. Juis daarom worstel ek met die verstaan van die Woord omdat ek worstel met die verstaan van God. Ek kan nie anders as om die Bybel te hanteer as openbaring van God nie, as ons met die regte oë en die regte gesindheid na die Bybel kyk, help die Bybel ons om God te verstaan. En tog bly die Bybel die meer geloofwaardige getuie oor God as enige een wat vandag op hierdie “blog: kom skryf het. Ek kan ongelukkig nie anders nie. Ek weet God gaan my nog baie kere verras en wys dat Hy meer is as wat die Bybel sê Hy is, maar Hy sal nie minder wees nie. Ek het in hierdie gesprekke op hierdie “blog” vandag die Here se stem gehoor.

  34. Naand ds Attie. Check jou spam comments asb. Ek het vanoggend vir jou een op hierdie onderwerp gelos en ‘low and behold’, hy’s nie te siene. Smaak my ek kry sulke spam oomblikke.

  35. Ruan
    My geloof het piepklein begin en ek het al dikwels gewonder hoe mense bereid is om te sterf en gemartel te word, omdat hulle nie vir Christus Jesus wil verloën nie. Nou weet ek. Lees gerus Johannes 14 wat Jesus oor die Heilige Gees duidelik maak en wat gesê word oor die Gees van Waarheid.

    Ek het die afgelope tyd die Woord soos ʼn spons opgesuig, terwille van my sielsgenoot, en telkens wys die Here vir my die pad aan. Sagaria 3 het my laat regop sit veral die gedeelte oor ‘As jy lewe soos ek dit wil’

    Iets wat ek oor wonder
    Hoekom vertel Jesus die gelykenis van die verlore skaap?
    Waar pas die siel van die mens in en hoekom doen Jesus soveel moeite om sy verlore skapie te vind?

    Doom Attie vanaand gaan jy my ellelange geskryf maar moet vergewe asseblief.

    Ek loop die afgelope tyd met ʼn baie goeie rede en vroetel met die volgende gedagtes;

    Voor jy kan terugkeer moes jy êrens vandaan gekom het

    Voor die sondeval het God en al die hemelliggame, engele ens in die hemel gewoon, toe kom Lucifer in opstand teen God en word hy saam met sy gevalle engele uitgeboender. Sê nou net ons het toe ook daar saam God gewoon. Goeters soos ‘van die begin af man en vrou’, Eva wat uit Adam se ribbebeen geskape is, dat twee eintlik een is. (Dit sou vir my baie dinge kon verduidelik).

    Dalk was die aarde juis geskep om vir ons ʼn tydelike woning te gee, want soos dit vir my lyk het net die engele (Dienende Geeste) in die hemel agtergebly saam die Vader, Seun en Heilige Gees.

    Jesus wat mens geword soos ons. Hy was in die woestyn ‘in gelei deur die Heilige Gees’ om deur Satan versoek te word en na sy versoeking kom die engele en versorg hom? As ek vir my maatjie bid is ek duidelik bewus van twee engele; een aan elke sy van my wat saam met my bid.

    Wanneer ek oor Jesus se lewe op aarde lees, lyk ons lewe baie soos syne. Die oproep tot gehoorsaamheid, versoeking ens. Hy kom van God af en is terug daarheen, en ons? Iewers wil-wil daar vir my ʼn liggie skyn.

    Sjoe, ek hoop dit maak so bietjie sin.

  36. Hello Ds Attie en al die koffiedrinkers

    En toe vergryp my skoonbroere hom aan koffie met wat daarby? hehe

    Skoonbroere Ding het my oortuig dat sy onbewustelike hijacking van my vingerinnielug nie blote toeval kon wees nie en ek het onderneem om te kom lees … en as ek iets te sê het, dit te sê.

    Dit is vir my nogal ironies dat ek juis vandag hierheen moes kom om te luister. Om waarnemer se vrae te sien.

    Want dit is ook (van) my vrae – ek is so skeef dat ek nie eers reguit met ‘n skêr kan knip nie en skewe strepe met my liniaal trek. In my diepste wese wens ek meer gereeld as nie dat ek nie skeef was nie. Maar ek is. Daar is min goete so seer soos om die moed bymekaar te skraap om saam met my of ^ss^ se familie kerk toe te gaan; NG-kerk. Want ek voel onwelkom; ek voel soos ‘n indringer. Nog meer: ek wonder gereeld of ek daar sou kon sit; het die res van die kerkgangers geweet ek is skeef.

    Behalwe dat ^ss^ se ma haar dogter se skeefheid nou al vir jare probeer reg(uit)bid; my uit ^ss^ se lewe probeer bid; vir ^ss^ in geen onduidelike terme laat verstaan het dat haar pad hel toe geteer is en dat sy gestraf sal word totdat sy tot inkeer kom en die sondige weë verlaat, lees ek af en toe per ongeluk goed raak – soos hoe sinodes oor die homoseksualiteit-kwessie besin. My oorwoë mening bly dat die kerk nie vir my beskore is nie.

    Ek en Ding het vanaand weer gesels totdat selfs die horlosie naderhand stadig begin loop het. Ek wil graag glo dat ek in God glo. Maar ek verstaan nie hoekom ek dit nie kon en nie kan regkry om soos ander mense te wees nie. Dit maak my dikwels magteloos en frustreer my: ek wens ek kon ook maar net inpas. Inpas by die uitverkore gelowiges. Ek raak partykeer opstandig en ek het dieselfde vrae as waarnemer. En ja, daar was ‘n vroeër tyd dat ek ook heftig kon raak en soos met spietkops, kon ek ‘n dominee nie sien verbygaan sonder om my vrae te vra nie. Nie soseer omdat ek antwoorde wou hê nie – ek weet mos daar is nie klinkklaar antwoorde nie – maar omdat ek wou sien hoe die mense wie so seker is van hulleself en hulle oortuigings, begin skarrel – dis asof ‘n mens ‘n warm kool onverwags in hulle hande gooi.

    Dankie Ds Attie; dankie waarnemer en …. dankie Skoonbroere – jy weet ek verskoon jou enigiets, my ding!
    Wikkel

  37. PhillipaFischer: Jy sal nou verstaan as ek hier sê dat jou kuier by hierdie koffietafel vir my nie sommer net is nie. Dit is vir my anders om met iemand te praat wat sê: Ek praat namens myself. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie jy stel belang in teologiese beredenerings en verduidelikings nie. Jy het in jou diepste binneste ‘n hunkering na ‘n geestelike tuiste waar ook jy net soos jy is welkom en aanvaar sou kon gevoel het. So groot is die hunkering dat jy soms wonder of jy nie jou “skeefgeit” moet offer nie. Skuus mens dat die kerk jou so seer gemaak het. Ek wens jy kon weet hoe baie kere al wil ek opspring en net soos destyds met apartheid sê: Ons veroordeling van homoseksuele was ‘n sonde. Ons erken dit en bely dit. Ons vra die Here se vergifnis en vra die homoseksuele se vergifnis. Ons het mense seer gemaak wat nodig gehad het om te hoor dat God se liefde sonder grense is. Ek wil myself nie uitsluit en sê: Ek dink en voel anders nie. Ek is deel van die kerk wat aan hierdie veroordeling skuldig is.
    Maar… ek het nie altyd so gedink en so geredeneer nie. Ek het die Here se stem gehoor op ‘n manier wat ek wens ek hom nie gehoor het nie.
    PhillipaFischer ek is bly jy was hier namens my se selwers wil ek vir jou sê: Ek is jammer dat jy en ^ss^ so seer moes kry. Ek is jammer oor die manier waarop julle kersfees moes deurbring. Ja, ek lees so nou en dan daar op julle “blog”. Ek is sommer net jammer.

  38. Roer: Ek het daar by die “Spam” gaan kyk maar ek sien niks nie. Lyk my wordpress doen ‘n paar snaakse dinge deesdae. Skuus daaroor. Laat weet maar weer wat jy wou gesê het asseblief man.
    Patrys: Ek is nie bewus van engele wanneer ek bid of wanneer ek beweeg nie. Dalk kom ek nog eendag daar of dalk is dit nou maar net nie vir my beskore nie. Selfs al skryf ek hierdie “post” oor die hoor van die Here se stem, sukkel ek maar nog steeds.

  39. Attie

    Ek hoor nou die Here se stem in jou stem, ek het al baie predikante ontmoed van baie denominasies, en is self ‘n oud tokelok, en ek het nog nooit ‘n predikant teegekom wat mense wil laat welkom voel al is hul anders, daar is ‘n herlewing besig om plaas te vind.

    Phillipa, jy is nie skeef nie, jou hart is INTACT!!!! by mense soos jy kan ek veilig voel, my self wees, by mense soos jy kan ek oor enigiets praat en bekommerd wees nie, nee Phillipa die’wereld het jou meer nodig as wat jy dink, jy het geen reg om minderwaardig te voel nie, want die roeping op jou lewe is te groot

    Sweet

  40. Waarnemer

    Jy moet eenvoudig bly, vra die vra, moet net nie bash nie, ek soek al antwoorde vandat ek kan onthou, oor wie is God waar kom ons vandaan, is daar hiernamaals, daar is absoluut geen antwoorde nie, of bewyse nie, al wat ek het op die stadium is die Bybel as ‘n riglyn.

    Ja die bybel se dinge baie snaaks partykeer, soms kontrasterent, maar weet jy, dis nie ‘n wetenskap, geskiedenis of biologie of argiologiese handboek nie, dis ‘n Geestelike boek, ‘n misterieuse boek, ‘n boek met antwoorde en vrae.

    Ek dink God in sy wysheid het baie dinge nie vir ons gese nie, en ander goed is nie vir ons beskore n ie, as ons ons alles geweet het sou die’lewe nogal onsmaaklik gewees het.

    So, bly en vra die vra die vrae, ek laaik dit, en hoe Attie altyd op sy mooi manier antwoorde gee, moenie weg gaan nie

    Thinus

  41. Nee dit is reg so Thinus. Sal probeer om weer in te loer. Dar is ongelukkig net soveel ure in ‘n dag. PhillipaFischer se pos het my die heel meeste van al die poste hier geraak. Dit sny tot op dei been van waamee ons besig is.

    Hoog op hierdie draad praat mense heel argeloos oor die gay issue. So asof dit niks is nie want dit raak mos nie regtig ons heteroseksuele mense nie. Ek word yskoud as ek sulke goed lees en voel om saam met Jesus uit te roep: Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.

    Intussen gaan mense doodgewoon voort om mense met ander seksuele oriëntasies te kruisig. En ons wat dit aanskou? Draai weg die gesig want wat die oog nie sien nie kwel die hart hom nie oor nie.

    Dankie vir jou deernisvolle reaksie op daardie pos op PhillipaFischer se skrywe Attie. Daar is after all totg nog bakens van hoop in die kerk.

    Thinus die draad raak nou te lank. Dalk kan ons later iewers anders oor die Bybel praat. Daardie vreemde versameling van 66 boeke wat al soveel mooi en soveel lelik in die mensdom na vore gebring het.

    Groete!

  42. Dit is ongelooflik hoe powerful hierdie inskrywing – en elkeen se comments daarop – geraak het, wow.

    Waarnemer, dis absoluut crucial om vrae te vra (ek het bv. by ‘n vorige inskrywing van Attie die volgende aanhaling genoem mbt kinders wat in ‘n “godsdienstige huis” grootword: “jy moet jou kinders toelaat om sondaars te word voor hulle waarlik tot bekering kan kom” – vir my is vrae vra ‘n groot deel van hierdie “sondaar” of net plein mens-word). Tog voel dat indien jou doel werklik is om antwoorde te vind, moet jy bereid wees om ook hierdie antwoorde
    te aanvaar en te glo – wanneer jy dit vind. Baie mense beweeg nooit verby die vrae-vra punt nie, en gee later heeltemal moed op…PhillipaFischer, smaak my ek wil jou sommer ‘n groot druk gee, nie omdat ek ‘n punt wil bewys nie, nie omdat ek dink jy het dit nodig nie, nie omdat ek windgat wil wees nie, nie omdat ek jou wil patronize nie. Maar omdat ek kan!
    Thanks Attie vir die deurdagte manier waarop jy hierdie gesprek modereer!

  43. Wat ‘n lang gesprek. Dit alles oor die hoor van God se stem. PhillipaFischer – wow, dankie. Attie – jy moet maar versigtig trap, jy kan dalk net moeilikheid kry met sulke antwoorde (lol). Hier was nou ‘n paar mense op hierdie “blog” wat vir my amper was asof die Here vir my iets wil sê. Ek het Hom die duidelikste gehoor in eers PhillipaFischer se kommentaar en net so duidelik in Attie se antwoord. Wanneer is dit nou die ersste? As mense homoseksuele mense veroordeel en nie die son gun wat oor hulle skyn nie, of as mense die mense wat homoseksuele veroordeel veroordeel. Ek het vrede met homoseksuele mense, maar maak die feit dat ek oor hierdie ingewikkelde saak vir myself ‘n vrede kon uitwerk dat ek nou kan veroordeel as iemand anders as ek voel. Na my gevoel het Jesus daardie kruisgebed gebid omdat Hy werklik waar nie enige vorm van veroordeling of oordeel op die soldate wou hê nie. As ek dan nou met die brandhout vir die stapel in my hand staan om die mense wat nie met homseksueles vrede het nie te verbrand en terwyl ek die vuur aansteek bid ek hierdie gebed, wel… van so ‘n kerk sou ek ook nie deel wou wees nie. Die aanvaardingsvereistes het net verander. Ek gaan ook maar ‘n ander plekkie soek…

  44. n beginsel stem ek saam met wat jy se, Dominee/Attie.

    Maar onlangs het ek gedink ek het van die Here gehoor. Ek was in my lewe nog net een keer so seker dat dit die HEre is en nie ek nie.

    Time and again het die tekens mekaar bevestig, dieselfde rigting gewys.

    But when push came to shove, toe slaat ek gat oor kop neer en sien ek het verkeerd verstaan.

    Dit is /was regtig vir my n krisis en ek probeer nog om uit te werk wat het gebeur of dan nou nie gebeur nie.

    Maar God is getrou.

  45. Grote Griet! God praat met jou, bevestig dit deur sy tekste soveel so dat jy nog net eenkeer voorheen so seker was dis die Here self maar toe push tot shove kom kom het jy verkeerd “gehoor”. Vreemde God wat so praat sou ek sê. En jy sê God is getrou. Nee ek dink jy hoor stemme. Jy beter oppas. Dit kan lol.

    God práát g’n. Ek wens mense wil ophou om die leuen te verkondig dat God praat. As dit waar was sou hy lankal ‘n onderhoud aan die BBC of CNN toegestaan het om sy stem dik te maak.

    Of wag. Ek vergeet. Dis mos ‘n geval van ons hóór hom net nie reg nie of ons hoor hom verkeerd. Meantime weet elkeen met meer as twee breinselle God praat nie regtig nie.

  46. jandre: Ek wens ek kon vir jou ‘n sinvolle antwoord gee en sê: “Hier het jy verkeerd gegaan.” Ek kan nie. Ek persoonlik maak baie gebruik van gesprekke en insette van my medegelowiges. Maar ek kan nie vir jou sê hoekom dit soms so werk nie. Ek beleef dit ook maar.
    Pieterjan: verskoon as ek nie op jou kommentaar reageer nie.

  47. Ek het nie verwag jy sou reageer nie dominees Attie. Dit is is mos maar ingebore van party dominees om net op goed te reageer waarvan hulle hou. So broei hulle mekaar warm en vertel aan hulle goedgelowige kudde mens kan die gode se stemme hoor. En as diegene wat dan die stemme hoor in geboue vasvlieg omdat hulle na die stemme luister of mense wild en wakker doodskiet omdat die stemme so s^e dan was die dominees hulle bebloede hande in onskuld.

  48. Pieterjan: Dit is die rede waarom ek nie op jou opmerking wou reageer nie. Die ou storie om Christene en enige ander gelowige te vergelyk met radikale Moslems wat met vliegtuie teen geboue vasvlieg is so afgesaag dat dit ook nie kommentaar verdien nie.

  49. Ou storie van predikante om die issue te sidestep. Was Barend Strydom wat God se stem gehoor het dalk ‘n radikale Moslem toe hy die mense in Pretoria gaan doodskiet het ? Was die Christene wat die kruistogte uitgevoer het radikale Moslems? Kom nou dominee. Jy weet mos van beter. Of het hulle net verkeerd “gehoor”. Oeps! foutjie! Smaak my julle hoor net wat julle wil hoor.

  50. Hallo Pieterjan
    Dat jy die reg het om te spreek en gehoor te word, hoef ding nie vir jou te beaam nie – dit is gewoonlik die eerste, en te dikwels die enigste, breinsel se waarneming – dikwels stop die werking van die brein ook maar sommer daar.

    In elk geval, ding wou eintlik vandag vir jou mooi kom vra of jy nie maar net die moeite wil doen om vir ou dowwe ding hier te help nie, asseblief tog man? Sien, soos ding nou van jou verstaan, maak jou standpunt tog ruimte vir begrip daarvan, maar ding sukkel dan nog om in te sien hoe jou standpunt by die Doom se tweede paragraaf in sy hoofinskrywing verbykom. Hoe moet ding dan nou Handelinge 13:1-3 en die res van die goete waarna Doom verwys, verstaan?

    Seblief man, Pieterjan, terwyl God dan nou nie praat nie, praat jy nou maar met ding en verduidelik vir ding wat God doen as Hy dan nou nie praat nie en hoe ding die Skrif by daardie gedeelte moet verstaan?

  51. Genade ding. As jy die dag leer om behoorlik Afrikaans te skryf sal ek probeer om op jou goed te reageer. Hierdie sinnelose gebrabbel maak geen sin nie. Ek weet nie of jy traai snaaks wees of iets nie maar dit werk nie. En watse ding is ‘n Doom? Of is hierdie ‘n kinderkransgroepie sonder enige diepte. Dan kan ek dit begryp. Of miksien wou jy skryf dom pleks van doom.

  52. Pieterjan: Hoekom antwoord jy nie nou maar ding se vraag in plaas daarvan om hom te beledig nie? Dit lyk dan so al asof jy nie regtig standpunte het nie, maar net verskriklik baie skietgoed om Christen mee sleg te sê. Ons almal op die “blog” het ding so leer ken en ons aanvaar hom so en ons is so ook lief vir hom. Jy het die reg om te praat, maar as dit nie verder kom as willekeurige beledigings nie, dan is dit mos nou nie sinvol nie.

  53. Pieterjan, stel die voorbeeld en ek volg: om mee te begin, ontbreek ‘n , in jou eerste sin in die eerste reël by #58 tussen die woorde “skryf” en “sal”. Jou derde sin is die tipiese locus classicus van toutologie.

    Pieterjan, respekvol gestel, ek vertrou dat Afrikaans slegs maar jou tweede taal is. Sou dit jou moedertaal wees, moet jy dit heroorweeg of jy werklik oor die mag van die taal beskik tot die mate dat jy dit as medium vir geskrewe kommunikasie behoort te gebruik: jy beledig jouself.

    Maar dan ook, en geliewe daarop te let dat ek met moeite die selfbeheersing toepas om nie jou persoon te beskryf vir wat dit is nie, blyk beledigings inherent deel van jou te wees.

    Sterkte en voorspoed met die res van jou lewe – ek weerhou my daarvan om met jou te kommunikeer op dieselfde persoonlike vlak as wat jy met my doen, suiwer uit respek vir die gasheer van die blog, Doom.

  54. Dagsê, Doom!

    Ai, ding het maar gou hier kom draai toe ding so vinnig oppie stoep loop loer het so tussen die werkery deur. Hettie vandag tyd vir stoepsit nie. En drink Doom se koffie soos ‘n Israeliet, sal Moedertjie sê.

    Aaaaag, Doom, jy’s darem maar wragtig ‘n voorslag – manman kan nie anders nie as om erg te wees oor jou. Dankie vir jou woorde, my kroon! Ding waardeer.

    Ding sal so laterig ordentlik oorkom vir koffie – net nie nou danig tyd nie. Net gou meld: wat vir ding opval, is die Pieterjan se klaarblyklike onkunde of uitermate arrogansie – besef die entjie mens dat hy eintlik op suiwer genade hier praat? Besef hy dat hy geduld word waar ander sy bestaan lankal met die druk van ‘n knoppie sou uitgewis het?

    Maar wat, die armes van gees sal ons altyd met ons saamdra en ja, elke man het mos darem die reg om homself in die openbaar te wys vir wie en wat hy is, nie so nie?

    Groete eers Doom. En welgedaan! Doom hanteer hierdie aangeleentheid weer eens soos min ander sou.

  55. Jou christelike liefde ken geen perke nie nie ding. Gaan gerus voort. Beskryf my persoon vir wat dit is. Jy ken my nie eers nie maar ag jouself bekwaam om my persoon te beskryf.

    Ek sien jy borduur verder uit oor my persoon by “Doom”. Ek praat op “suiwer genade hier”. Word geduld waar ander my “bestaan” al lankal met die druk van ‘n knoppie sou uitwis. Genade! Dankie vir jou suiwer genade hoor.

    Ja-nee. Jesusliefde in aksie!!! God praat inderdaad op vreemde maniere.

  56. Pieterjan: Jou woorde:
    #52: “Meantime weet elkeen met meer as twee breinselle God praat nie regtig nie.”
    #54: “Dit is is mos maar ingebore van party dominees om net op goed te reageer waarvan hulle hou. So broei hulle mekaar warm en vertel aan hulle goedgelowige kudde mens kan die gode se stemme hoor.”
    #56: “Kom nou dominee. Jy weet mos van beter. Of het hulle net verkeerd “gehoor”. Oeps! foutjie! Smaak my julle hoor net wat julle wil hoor.”
    #58: “Genade ding. As jy die dag leer om behoorlik Afrikaans te skryf sal ek probeer om op jou goed te reageer. Hierdie sinnelose gebrabbel maak geen sin nie. Ek weet nie of jy traai snaaks wees of iets nie maar dit werk nie. En watse ding is ‘n Doom? Of is hierdie ‘n kinderkransgroepie sonder enige diepte. Dan kan ek dit begryp. Of miksien wou jy skryf dom pleks van doom.”
    #62: “Ja-nee. Jesusliefde in aksie!!! God praat inderdaad op vreemde maniere.”
    Pieterjan ek het nog net een keer in die verlede iemand op hierdie “blog” gespam. As jy Christene se verantwoordelikheid om Jesus liefde uit te leef wil misbruik om beledigings rond te slinger waarop hulle nie mag reageer nie, dan slaan jy die bal ver mis. Neem asseblief op ‘n sinvolle manier deel aan hierdie bespreking of aanvaar dat jou insette vir die toekoms as “spam” gemerk sal word.
    Voor jy weer aanmerkings maak oor Jesus se liefde: Jesus het by geleentheid ook uit woede die tafels in die tempel omgekeer omdat die eer van God in die gedrang was.

  57. Spam my “Doom”. Strip jou moer en keer om die tafels. Moer my met die Bybel as dit jou gelukkig sal maak. Jaag my uit jou tempel. Dis reg. Wat het geword van die ander wang draai, die tweede myl en die onderkleed? Hoekom haal jy nie AL die teksies aan nie? Maar go 4 it! Spam my en wys sommer daardeur vir die hele wêreld hoe fake is jou geloof dan regtig. Al gehoor van ‘n sagte antwoord keer die grimmigheid af hmmmmmmmmmmm????

  58. Aan al die lesers hier. Ek kon nie anders as om Pieterjan te spam nie. Daar was geen opbouende bydra tot die gesprek nie. Daar was verskeie sagte antwoorde, maar sy skerp beledigings het net erger geword. Ek is jammer dat dit nodig was.

  59. Hallou oom.
    Oom, as ek hoor die mense praat oor die bybel,,, en oor goed soos die wegraping, en wederkoms.Dan wil ek mos weet wat die waarheid is. Ek soek die waarheid in die bybel, want dit is my God, Jesus Christus se woord. Met ander woorde, Hy sal my tot waarheid lei. Maar dis die probleem.Ek sukkel om die Woord reg te verstaan, soos bv. Waaneer gaan die wegraping plaasvind, voor die groot verdrukking, of na die groot verdrukking net voor Sy Wederkoms. Jy sien, dit is vir my moeilik om na mense te luister, want ek is bang ek word mislei. Maar as ek terug gaan bybel toe, verstaan ek dit anders as wat baie van my vriende dink,,, So my vraag is: Waaneer sal die wegraping plaasvind? Waaneer gaan die anti chris geopenbaar word. Sal jy my dan help om die boek openbaar beter te verstaan.Ek het al verskeie studies gedoen, maar hoe ek dit verstaan verskil met baie mense, want hulle ken nie so iets soos die wegraping nie. Party, ken weet weer van die wegraping maar tog is daar `n verskul.
    Dankie oom, en ek hoop om van oom te hoor.

  60. Jannie: Jy vra moeilike vrae, vrae waarop ek nie eers al die antwoord het nie. Oor al daardie dinge waarna jy vra, het elke persoon sy eie mening en interpretasie. Wanneer ek onseker raak, dan probeer ek vir myself afvra wat die kernboodskap is wat God deur die Bybel aan die lesers wil oordra. En dit is dat God wat alles gemaak het deur sy liefde dit vir mens moontlik gemaak het om deur die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus in ‘n verhouding met Hom te leef soos Hy dit bedoel het. Vandag wag ons op die nuwe hemel en die nuwe aarde waarvan die “nuut-maaK” begin het toe Jesus Christus aangekondig het dat die koninkryk naby gekom het.

    Ek weet dat my geloofsvertroue genoegsaam is om my in die regte verhouding met God bring. God het my geroep om ten spyte van die feit dat ek nie alles verstaan nie voluit vir Hom te lewe.

  61. Jannie: Hierdie dinge laat my ook wonder. Ek het beleef dat ‘n mens maar uit al die verskillende dinge wat jy hoor tog maar gaan kies wat dit is wat jy dink gaan gebeur. Op hierdie bladsy http://www.bible.org/page.php?page_id=2566 het ek ‘n opsomming van drie standpunte gekry wat my gehelp het om dit klein bietjie beter te verstaan. Dalk help dit jou ook.

Lewer kommentaar op Waarmemer Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.

Up ↑