GROEPSDRUK – WEEREENS

Dit lyk my groespdruk is ‘n werklikheid. Ek gaan vandag kyk of ek ‘n paar tieners hier kan kry om saam te gesels. Ek wonder as mens die volgende raad vir tieners gee, of dit sal help:

(i) Weet wat jy weet en moenie toelaat dat iemand jou kop deurmekaar praat nie. (Ken jou persoonlike waardes.)

(ii) Sê wat jy dink en voel. Moenie iemand probeer oortuig nie, dan gaan hulle jou ook probeer oortuig.

(iii) Aanvaar dat jy een of ander tyd die ongewilde en “un-cool” ding sal moet doen om “nee” te sê vir iets wat vir die hele groep lekker lyk. Berei jou voor vir daardie dag.

(iv) Wanneer jy vir iets “nee” gesê het en nie met die groep saam gegaan het nie, gaan daar van jou vriende wees wat jou of vir ‘n paar minute of vir die res van jou lewe gaan terg daaroor, maar daar gaan ook daardie persone wees wat jou respekteer vir die feit dat jy jou standpunt gehandhaaf het.

(v) Kry vriende rondom jou wat ook die behoefte en die wil het om die regte dinge te doen. Daar is krag in getalle.

(vi) Moenie die die hele tyd saam met vriende wees wat altyd vloek, of wat dwelms gebruik of drank misbruik nie.

(vii) Pasop vir die “cool” groepie. Dit is waar dat die res van die skool hulle soms bewonder, maar daardie druk is so erg dat hulle dikwels nie weet hoe om enige iets anders te wees as iemand wat doen wat die vriende en die ander verwag hulle moet doen nie.

(viii) Moenie flieks kyk met seks of naaktonele of uitermatige geweld nie. Wanneer jy daardie dinge sien is jy in die versoeking om dieselfde te doen. Onthou: ‘n Tiener wil seks hê – hormone hardloop wild rond!

(ix) Vermy die situasies waar jy dalk in die versoeking sal kom om toe te gee aan groepsdruk.

(x) Lees jou Bybel gereeld en probeer elke dag in jou eie woorde onthou wat jy vandag in die Bybel gelees het.

(xi) Leef met ‘n gebed in jou hart. Kies elke dag een sinnetjie wat jy dwarsdeur die dag as gebed gaan herhaal wanneer jy aan die Here dink. Bv.: “Here Jesus, ek vertrou U ten volle.” “Heilige Gees, lei my op die regte pad.”

(xii) Glo met jou hele hart dat jy die regte ding kan doen en die regte keuse kan maak. Sê soveel kere as moontlik vir jouself in jou gedagtes: “Ek maak regte keuses.” “Ek kan vir enige iets “nee” sê.”

(xiii) Onthou dat die Here altyd by jou is. Een van Sy eienskappe is dat Hy alomteenwoordig is en dit beteken Hy is daar in die moeilike situasie en jy kan op Hom staatmaak.

(xiv) Soek ‘n geleentheid om iets te doen vir minderbevoorregte mense. As jy eers een keer beleef het hoe lekker dit is om positief deel te wees van hierdie samelewing sal dit al hoe moeiliker raak om terug te gaan na negatiewe situasies.

Wat sal jy byvoeg?

Wat sal jy verander?

Wat dik jy is onnodig?

11 thoughts on “GROEPSDRUK – WEEREENS

Add yours

  1. (alweer ek 😉 )

    Weet jy wat het vir my gewerk? Ek het BAIE rasioneel en BAIE kognitief op ‘n punt besluit wat ek wil/gaan/sal doen, en wat nie, ek het dit ongelooflik rasioneer vir myself gemaak bv:

    Gaan ek drink, hoekom wil ek? Indien ja, hoeveel? En wat?
    Gaan ek rook, hoekom wil ek? Indien ja, wat gaan ek rook?
    Gaan ek erg warm vry? Indien ja, waar lê ek die grens neer?
    Gaan ek middels gebruik? Hoekom? Hoekom nie?

    Aan die einde van elke vraag sou ek twee goed bysit:
    – VOEL EK GEMAKLIK HIERMEE
    – GAAN EK MOREOGGEND SPYT WEES DAT EK DIT GEDOEN HET

    Nou mag mense dalk sê dat geen jongmens so rasioneel oor die dinge dink nie, wel ek het dit begin doen na ek my kop lelik gestamp het met ‘n groepsdruk situasie…so bietjie van ‘n reality check. Ek is vandag nog dankbaar dat ek ‘n reality check gegun is en nie ‘n reality check-out nie!

    O ja, Goeiemore!

  2. duskant: Ek dink wat jy se maak sin: Tieners moet aangemoedig word om besluite oor die goed te neem. Ek wonder of dit die vier mees kritiese issues is? (Drink; Rook; Dwelms; Seks) Ek wonder of mens iets kan bysit soos: Mye verhouding met my ouers? Ek wonder of mens by jou laaste twee vrae ook kon vra: Wat verwag die Here van my in hierdie situasie?

  3. Hello Attie

    Dis ‘n stewige lysie met wonderlike raad, maar dalk te stewig? Jy begin mooi maar dit voel of jy dan voorskriftelik raak (No.6, no.8-11). En dis al wat ek sal verander. Herskryf dit dalk dat dit soos die res eerder na voorstelle of lewenslesse klink as opdragte.
    Byvoorbeeld no.6: “Jy word geken aan die saam met wie jy is. Is jy iemand wat rook en vloek en drink en gebrekkig gaan aan morele standaarde? Wil ky saam met sulke vriende uithang?”
    As ek so sin lees voel dit vir my EK het die geleentheid om te kies, as ek ‘n sin lees wat begin met “Moenie…” dan laat dit vir my geen spasie om self te besluit nie. Ek weet, dis dalk dieselfde ding, maar een laat jou empowered voel en die ander een nie. Vir my is die verpakking van die boodskap maar net belangrik…

    Verder is dit werklik wonderlik en sou ek nie verander nie, wegvat of byvoeg nie. Ek hoop jy het ‘n wonderlike dag!

  4. Attie ek weet nie. Ek weet net uit doodgewone daaglikse ervaring waarvan ek hou en baseer my comments daarop. En ek weet as ek mense by die werk so behandel kry ek dikwels ‘n meer positiewe reaksie as wanneer ek hulle vertel wat hulle NIE mag doen nie. Ek het geen ervaring met tieners nie, ek mag dus heel verkeerd wees, maar kinders is vir my so belangrik dat ek na enige opregte raad sal luister wat uitgedeel word om hulle lewe positief te beinvloed.

  5. hi daar ds.

    Nommer 8 kan ek regtig se het my lewe geknou. Ek is mos nou nie juis die mees populere kind in di skool nie maar ek het ook my probleme. Hoe ek byvoorbeeld na my bekering my lewe begin reg ruk het. Ekt nog nooit seks gehad nie mar was al bloodgestel an pornografie. mar ek wil n stelling maak en dit is regtig so. “sex is like a drug” jy weet nie hoe moeilik dit is om daai gehegtheid an pornografie te breuk nie tot dat jy dit moet doen

  6. Ek wil ok net by las, en dis vir my baja belangrik om te se, ek kon nie self daaruit breek nie. Na lang gebede en met di hulp van die heilige gees kon ek daar uit breek. Dis werklik n ernstige ding.

    Terwyl ek op di noot is, is belangrik om te praat van “masterbation”. dit moet regtig guts vat van n dominee om die goed aan te spreek maar ek kan julle se toe ek in standerd 5 was het almal geweet wat dit was of het dit gedoen. dis n groot sondebok!

  7. hoe vroeer die masturbation ding in n mens se lewe kan stop hoe beter. ek weet verseker dis n groot probleem onder tiener seuns. ek hoop dit help dat ek dit vi ds se
    .eks jammer as die replies van my baja lank is nie want ek gebruik my foon en word beperk tot n sekere aantal woorde.

  8. DM: Tieners is ook mos mense en ek dink ons probeer hulle te veel as afsonderlike spesies behandel. As ons ervaring ons leer dat mense meer positief op ‘n bepaalde werkswyse reageer, is die kanse mos goed dat tieners ook so reageer. Een ding is waar: Indien ek vanuit ‘n outoritêre posisie met tieners oor hierdie goed praat, skiet ek myself ernstig in die voet. Ek dink ook hulle wil beleef dat die een wat praat regtig hulle belange op die hart dra.
    Ruan: Dankie vir jou insette.

  9. Hierdie is ‘n topic wat my laat dink het. Daarom het ek besluit om dit die topic van my assignment vir Research Methodology, te maak.
    Dis ‘n reality en met my rondvra hier by die werk het ek ‘n paar mense se breins aangeskakel en het hulle besef dat hul kinders ook onder dit kan swig.
    Ek persoonlik, het sterk standpunte ingeneem oor wat ek wou en nie wou doen nie en eintelik was ek baie gelukkig dat my vriende meestal my standpunt respekteer het.
    Ds A, dankie vir ‘n inspirerende blog!

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.

Up ↑