GARETH CLIFF GODSLASTERLIK?

Nog ‘n openbare figuur is in die moeilikheid. Hierdie keer is dit 5fm se omroeper en idol beoordelaar Garreth Cliff.

Jy kan die volledige berig in BEELD lees.

Drie parragrawe uit Beeld se berig vanoggend:

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) se beslissingsraad hoor vanoggend weer klagtes aan wat met die gewilde 5fm-giftong en Idol-beoordelaar, Gareth Cliff, verband hou.

Cliff was vandeesweek pal in die nuus ná ’n e-pos waarin hy aan me. Gerda-Mari Povey van Pretoria gesê het sy moet “ophou onsin stook – daar is nie ’n god nie; daar is nie ’n tandemuis nie en ook nie ’n Kersvader nie”.

Povey het aanstoot geneem dat Cliff onder meer sou gesê het: “as God so egoïsties en kleinlik is dat hy ons wil straf, moet ons hom maar los dat hy die kleinlike een is”.

Deon Maas se afdanking is ou nuus en ek wil nie weer daardie bynes oopkrap nie. Die meeste besware was daarteen gekant dat die stryd anoniem en per sms’e en e-posse gestuur is.Hier het iemand die regte kanale gevolg. ‘n Griefskrif is opgestel en by Uitsaai Klagte Kommissie van Sui Afrika ingedien. Ek is nuuskierig om die reaksie hierop te sien.

Hierdie gaan nog lank ‘n baie moeilike situasie bly. Aan die een kant is ek daarvan oortuig dat Christene hulle stem moet laat hoor wanneer dinge soos hierdie gebeur, aan die ander kant kry ek die boodskap dat wanneer Christene op hierdie manier standpunt innee, dan vervreem hulle juis die mense aan wie hulle die goeie nuus van Jesus Christus wil bring.

Wat sou Jesus in hierdie omstandighede gedoen het?

Hoe moet die Woord weer vlees word in ons optrede vandag?

Het jy ‘n mening hieroor?

6 thoughts on “GARETH CLIFF GODSLASTERLIK?

Add yours

  1. Ek wil julle asseblief aanraai om BiB se link te volg en te lees wat die man daar geskryf het. Ek het daar kommentaar gelewer. Hier is my kommentaar:
    Mag ek ‘n stuiwer in hierdie armbeurs gooi.
    Ek het ook ‘n ietsie hieroor geskryf nadat ek vanoggend in Beeld hiervan gelees het. Ek was bietjie neutraal hieroor. Ek het net gelees dat Garreth buite konteks aangehaal is. Jy haal dit binne konteks aan. Ek hou ook van die strekking van wat jy skryf en ek glo dit is bedoel om mense te laat dink oor sulke optrede en dit help my byvoorbeeld om meer te dink en selfs anders te dink hieroor.
    Die Deon Maas se gebeure het my oor hierdie tipe van optrede laat dink. Iemand skryf op my blog dat God ons nie as lyfwagte nodig het nie. Ek is al hoe meer oortuig dat ons nie God se eer moet verdedig nie, maar dit moet uitleef. Ek wil ook met jou saamstem dat my geloof die magte van die hel sal oorweldig.
    Ek kry ook al hoe meer die gevoel dat optrede soos hierdie waarin ons dit as ons lewenstaak beskou om die eer van God te beskerm, die wesenstaak van die Christene benadeel. Ons primere missie is tog die dieselfde as Jesus sin: – om die goeie nuus van die koningsheerskappy van God aan alle mense te verkondig.
    Hiervoor het my ogies in die onlangse verlede oopgegaan: Optrede van Christene soos in die Deon Maas geval en nou Gareth Cliff, is teen produktief. Die mense wat ons bewus wil maak van die koningsheerskappy van God, druk net hulle ore al hoe stywer toe, met die gedagte: Ek wil nie soos hulle wees nie.
    Een vragie: As ons nou so skerp teenoor die vrou reageer, is ons regtig baie anders as sy? Is dit nie dalk moontlik dat ‘n sagte antwoord die grimmigheid sou wegkeer nie? Kan mense nie dieselfde dinge op so ‘n manier skryf wat iemand dalk kan oortuig nie? Me. Povey en ander Christene reageer met ‘n “knee-jerk” teenoor Garreth, wat doen ons nou?

  2. Doom: Ek het ook daar gaan lees. Ek moet erken dat ek nog nooit gehoor het dat iemand my leer dat dit is hoe ek behoort te reageer nie. Tog maak dit vir my sin dat ons as Christene dalk so behoort te reageer. Maar skielik is ons getuienistaak vir my te oorweldigend en te vreesaanjaend.
    Ek het onder andere daar gelees:
    “Dis regtig nie my probleem as ‘n ou hel/hemel toe gaan oor hy (volgens hom) ‘n opinie het nie! My saak is reg met my God, en dis AL wat vir my belangrik is! Dis hoekom my godsdiens vir my so ongelooflik persoonlik is – en ek hoef niemand te oortuig om soos ek te voel nie – ek hoef niemand te “red” nie – en ek hoef vir niemand behalwe myself eendag verantwoording voor God te doen nie!”
    Dit is hoe ek ook nou voel. Die Deon Maas episode het my koue voete laat kry. Ek het nie kans gesien vir die venyn waarmee mense reageer wanneer mens met hulle verskil nie. Ek weet ek moet nie so dink nie, maar die venyn op jou “blog” oor Deon Maas het my laat voel: Net so lank my saak met die Here reg is… Ek weet ek moet ook ‘n getuie wees, maar ek sien nie kans om in hierdie omstandighede kerk te wees, getuie te wees en gevorm te word nie. Ek verkies eerder om nie te leer nie, as leer met soveel “liefdeloosheid” gepaard gaan nie. Ek wou ook gehad het Deon maas moet gefire word. Die gebeure op jou “blog” het my aan die dink gesit en ek het besef, ek sal anders moet dink, maar die hemel hoor my ek wil nie wees soos die ouens wat Deon Maas nie wou fire nie.
    Die proses is net eenvoudig te seer. Dalk trek ek klein-koppie, maar ek wil nou net fokus op my persoonlike verhouding met die Here. Iemand anders moet maar in hierdie “blogosfeer” getuie wees. Ek sal net lees, en dalk so nou en dan hier kommentaar lewer omdat jy my dominee is, maar oor die res weet ek nie meer nie.
    My stuiwer.

  3. Oor al hierdie dinge kan ek net sê dat ek dink die duiwel kry lekker oor al hierdie verwarring en onsekerheid. Dis presies wat hy wil hê! My opvatting is dit: Moenie vir my sê jy’s ‘n Christen nie – ek wil dit aan jou leefwyse sien. ‘n Teksvers wat ek myself gedurig aan herinner is die volgende: “Matt 7:2 Met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word” Eers is dit Gareth Cliff wat met klippe gegooi word, nou is dit weer me Povey!! Aan almal wat so kritiek lewer daaroor wil ek net die volgende vra: Het jyself nog nooit ‘n fout begaan nie? Huh??
    Terwyl almal en ek myself hier inkluis sit en kommentaar lewer is daar iemand daarbuite wat jou tyd nodiger het! Iemand wat hartseer, honger, eensaam ens is.
    Verskoon as ek dalk kras klink maar dit is soos ek vandag voel oor alles!

  4. Ek het ook op daardie ander webwerf gaan lees en ek het die soldaat se antwoord op doom Attie se kommentaar gelees. Nogal is hy gemaklik met die balk nou in sy eie oog oor ‘n dominee in Kathu kinders gemolesteer het (wat op geen manier goed gepraat kan word nie) mag hy nou maar in die skoene van die Fariseer staan en klipe laat reen op wie ookal. Ek stem met kaalvoetkind: Aan almal wat so kritiek lewer op Gareth Cliff en nou me. Povey, laat die een wat sonder sonde is nou maar die eerste lip gooi.
    Ek dink ook ons moet ons aandag skuif na hartseer, honger, eensamheid, ens. Bitterheid moet homself uitwoed, woorde is soos olie op die vuur.

  5. kaalvoetkind: Ek het gewonder wat van jou geword het. Ek sien jou “blog” is ge_”delete”. Ek is nogal jammer jy het dit gedoen. Ek dink ons het nodig om ons aandag te skuif. Of Deon Maas ‘n job by Rapport het of nie en of Gareth Cliff reg of verkeerd is of nie, teen hierdie trant redeneer ons oor hoeveel engele op die punt van ‘n naald kan dans terwyl Rome brand. Hierdie twee karakters sal geen dooie duit verskil maak aan die koms van die koninkryk van God in hierdie wereld nie. (Terloops, UKKASA het Gareth Cliff onskuldig bevind en hy het verskoning gevra as hy enige iemand aanstoor gegee het en gevra dat mense net hulle feite moet regkry voor hulle sulke veldtogte loods – ek stem saam.)
    kleinswemmertjie: Ek dink ook ons moet ons aandag skuif en begin vra: Wat moet ons anders doen sodat ons as kerk en as Christene effektief deel kan wees van dit waarmee God in hierdie wereld besig is?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: