IN DIE WÊRELD NIE VAN DIE WÊRELD NIE

Ek lees “Adventures in Missing the Point.” van Brian McClaren en Tony Campolo. Ek gaan waarskynlik nog ‘n paar keer oor hierdie boek skryf. Ek skryf onder andere hierdie “post” om die aandag te skuif na die vraag: Wat kan ons doen om meer effektief te wees wat God bedoel het ons as Christene en kerk behoort te wees?

Brian McClaren verwoord iets van my gedagtes oor dit waarmee ek besig is en wat ek sien gebeur in en om die kerk en die kerk in hierdie wêreld. Dit is juis hierdie gedagtes wat my op hierdie koers gestuur het. Hierdie koers waar ek wil probeer om die mens met wie ek werk ‘n bietjie beter te ken en te verstaan. Ek wou hierdie stuk vertaal het, maar dalk is dit maar die beste om te probeer om dit net so oor te tik.

“Despite our sincerity and best of motives, preachers like me mess people up. Lees voort “IN DIE WÊRELD NIE VAN DIE WÊRELD NIE”

EN AS DIT ZUMA IS?

Ons het ‘n paar dae terug bietjie gesels oor Mbeki of Zuma. Prof. Willie Esterhuizen skryf vandag in Beeld ‘n artikel oor wat hy dink die toekoms met Zuma vir ons inhou. Ek moet sê, volgens prof. Willie gaan die paadjie vorentoe rof raak. Dalk moet ons maar ons veiligheidsgordels aansit. Hier kom ‘n ding. Lees gerus die artikel.

INKEER…

Ek begin vandag my reis na Kersfees. Vir die volgende dae tot kersfees gaan ek elke dag iets uit die kergebeure uit die Bybel lees en dan ‘n paar van my gedagtes hier neerskryf.

Ek lees vandag Markus 1:1-4.

Markus is die oudste en korste van die vier evangelies. Hy begin ook sy verhaal die verste terug. “Hier begin die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus, die Seun van God. In die boek van die profeet Jesaja staan geskryf…”

Die kersgebeure begin nie by die geboorte van Jesus nie, Lees voort “INKEER…”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑