Ons lees vandag Markus 1:32 -39.
Die Joodse dag het geduur van 06:00 tot 18:00. In Jesus se tyd was daar nie horlosies nie en die Joodse wette het bepaal dat die Sabbat verby was wanneer die son gesak het en die eerste drie sterre verskyn. Teen die aand, het hulle die mense wat genees moes word na Jesus toe gebring, want as hulle iemand wat siek was voor die einde van die sabbat sou help om by Jesus te kom, dan werk hulle op die sabbat en dit mag nie.
Die wonderlike dinge wat Jesus in Kapernaum gedoen het, kon nie ‘n geheim bly nie. Lees voort “30 DAE: VIR ELKE DAG EN ELKE PLEK” →