ZUMA of MBEKI

Ek volg nogal die pad na Polokwane. Hierdie geleentheid gaan waarskynlik een van die nuusgebeure van die jaar wees en daar is nogal ‘n dawerende stilte hieroor.

Ek het nou al by ‘n paar geleenthede my nek uitgesteek en ‘n kat in die duiwehok losgelaat wat geweldige reaksie tot gevolg gehad het, maar ek het ‘n keuse gemaak om nie my Christenskap in ‘n klooster of ‘n eiland of ‘n studeerkamer te bedryf nie. Ek wil beïnvloed word. Ek het vrede gemaak met die feit dat my menings oor sake veranderbaar en aanpasbaar is en daarom waag ek. Ek waag vandag oor Zuma en Mbeki.

Beeld se voorblad dra vandag weer ‘n berig oor hierdie gebeure. Jy kan dit hier lees: BEELD. Hierdie tweestryd is een van die interesantste politieke gebeure wat ons land in baie jare getref het. Probleem is, ek kan nie besluit wat die Zuma stem sê nie. Is dit ‘n stem vir Zuma of ‘n stem teen Mbeki?

Ek kan ook nie besluit wie van die twee sal die slegste nuus wees vir ons land nie. Die ewige afwesige en diktatoriale Mbeki of die losbandige en (na bewering) oneerlike Zuma. Slegte nuus, want ek glo nie een van hulle kan regtig vir die land goeie nuus wees nie.

Ek moet ook eerlik wees en sê dat die gebeure my baie bekommerd maak oor die politieke situasie in ons land. Hoe kan die massas ‘n man met ‘n reputasie soos Zuma sonder meer steun in sy strewe om president van hierdie mooi land te wees? Is daar regtig nie iemand anders wat die massas se steun werd is nie, of is hierdie steun die massas se vergelding vir die manier waarop Mbeki vir Zuma behandel het.

Ek moet ook eerlik wees en sê dat Zuma se charisma my telkens beïndruk. Ek kan verstaan dat hy in staat is om duisende mense op te sweep wanneer hy met sy retoriek begin en hulle aanspoor om saam met hom te sing dat hulle asseblief sy masjiengeweer moet bring. My vraag is: Het hierdie charisma brieke? Sal Zuma daarin slaag om hierdie charisma positief aan te wend, of gaan hy in die voetspore van Hitler volg en hierdie charisma negatief gebruik om mense op te sweep?

Zuma sou my steun kry. Maar my stem vir Zuma is ‘n stem teen Mbeki. Ek is daarvan oortuig dat Mbeki die vorige keer rondom die adjunk president pos vir Cyril Ramaphosa in die rug gesteek en as dit nie was Ramaphosa dalk eertder ons volgende president. Mbekie se ontkenning van die VIGS pandemie skree ten hemele. Mbeki se rassisme kaart wat elke keer gespeel word wanneer hy ion ‘n hoek is, maak dat ek nie van hom hou nie. Mbeki het nie die land bestuur nie. Hy het net die land internasionaal verteenwoordig.

My kompromiskandidaat is Cyril Ramaphosa omdat ek van hom hou.

As jy ‘n stem moes uitbring, vir wie sou jy stem en hoekom?

Wie sou jou kompromiskandidaat wees?

Buite stemming is maar net nog ‘n rede om te wag tot alles verby is en dan te kom sê wat mense anders moes gedoen het en dit wys dalkies ‘n gebrek aan waagmoed.

Sien jy kans om te waag?

Advertisements

10 Kommentaar

Filed under Politiek

10 responses to “ZUMA of MBEKI

  1. kleinvissie

    Ai Doom, hoe nou. Ek is nie regtig lus om by hierdie saak betrokke te raak nie. Maar ek besef ook dat hierdie ding ons land in sy diepste wese gaan raak.
    Mbeki kry my stem. Hy het ‘n paar blapse gemaak, maar hy het ook ‘n paar dinge reg gedoen. Ek dink dIt gaan nie te sleg met ons land se ekonomie nie en hy het veral baie gedoen vir vroueregte.
    My kompromis-kandidaat, hmm… amper skryf ek kortbroek se naam hier in, maar niemand sal weet wie dit is nie. My kompromiskandidaat sal dalk Tokyo Segwale (Spelling?) wees. Hy het nie te sleg gedoen in Gauteng nie en hy doen nogal goed in die sakelewe.
    Maar ek het ook die gevoel dat ons as Christene hierdie saak met ernstige gebed sal moet benader.

  2. Mbeki, kry my stem, maar ek dink dit het daarmee te make dat ek nie vir Zuma vertrou nie.
    Kompromis-kandidaat: Tokyo.
    Interesante tye, maar ook gevaarlike tye.

  3. Etienne

    My stem is Zuma – laat my toe om te verduidelik. Kry Mbeki nog ‘n termyn gaan alles net die selfde bly en gaan apartheid/rassisme soos ds. gesê het nog steeds die skuld kry dan kla ons nog steeds oor die selfde, die res kla nog steeds oor behuising en omdat hulle Zuma wou gehad het. Ek stem saam dat ek nie vir Zuma vertrou nie maar ek vertrou dat die “regering en parlement” en ook die wêreld hom nie sal toelaat om onverantwoordelik te wees nie. Dit is ‘n moeilike besluit maar ons kan nie stil staan in ons lewens nie ons moet verander. As dit dan ‘n slegte keuse is dan maak ons maar weer ‘n regte keuse.
    My kompromie-kandidaat: Trevor Lekota (Leier wat almal in ag neem) of Trevor Manual – hy kan wyer dink.
    Ns. Dit is my keuse en julle mag nie klippe gooi nie (lol)

  4. Interessante inskrywing. Ek het al ‘n paar keer op blogs dit gestel dat ek Zuma verkies bo Mbeki. Zuma is baie in die media verguis en ek dink die Mbeki-kamp het baie daartoe bygedra. Ek glo nie Zuma sal veel slegter of beter wees vir SA as Mbeki nie. Inteendeel ek verkies JZ, want met hom weet jy wat jy kry. Vir Mbeki vertrou ek glad nie en sal liewers nie hom langer in mag wil sien nie. Hy’s te veel van ‘n manipuleerder en is reeds yte lief vir mag.

    My kompromiskandidaat (ek glo nie daar sal so-iets wees in Pietersburg nie): Helen Zille 😉

  5. Ja, en as Zuma aan bewind is, kan Dan Roodt en onze Steve weer gaan vleis braai en druk op die ou plaas om die grensdrade weer hoog te span sodra al die Zimbabwiers teruggeneem is na hulle land.
    Dis nou NA Suid-Afrika in ‘n staatsgreep van Mugabe ontslae geraak het, en vir Manto aan die stuur van sake in Zim gesit het – daar sal binnekort ‘n rekord oes die wereld ingestuur word, onder die vaardige hand van Dr. Manto – groot, gesonde huise knoffel, vlesige bete, en lorrievragte olyfolie.
    Zuma sal met sy groot oop mond en sy kop agter-oor gegooi, lag, en vra vir sy masjiengeweer om al die misdadige elemente by sy land uit te dryf – die diepsee in.
    Hy sal die grootste leier wees wat Afrika ooit gesien het – wit en swart sal saamspan en korrupsie uitroei. Equal opportunities sal die nuwe woord wees, en bevoegdheid ‘n gegewe.
    Mmm, wat het nou weer met Piet Retief gebeur toe hy so mal was vir Dingaan? En so verblind deur die man se gasvryheid, dat hy met sy broek op sy kniekoppe gevang is.

  6. BiB, jislaaik, ja, as Helen Zille darem kon prez raak, sou ons ‘n ander storie gesien het.
    My lekkerste lekker sou wees as sy onder die polisie invlieg en skoonmaak.
    Daai tannie vattie moeilikgeit nie, maar ek hoop sy hou, o bloed, die druk en intimidasie wat sy moet verduur….die sal net Genade wees wat haar heel anderkant sal deursien.

  7. Daar is ‘n gesegde:

    mens weet wat jy het, maar jy weet nie wat jy gaan kry nie!

    Nee, ek dink Mbeki is ‘n puppet in ‘n groot show. Hoe de hel ‘n – i’ll zip my lips net hier. Stel dit so: As so iemand kan regeer, kan enigiemand mos. Wat en wie hou hom daar?

    Daar is baie conspiracy theories wat baie dinge se. Ek ken mense wat persoonlik sekere gerugte aan my erken het. Ek noem hom not de hel my leier.

  8. Hermansesetperk

    Hierdie saak ds. Attie is nou ‘n soos cheetah wat tussen die blou bulle los hardloop. Ons christene moet en mag inderdaad oor ons politieke leiers dink en voorbidding doen. Ek meen dat die saak van Rom 13:4 nie genoem is nie. As christen het ek altyd die voorreg om ook te bid vir die ANC konferensie. Ek is oortuig dat dieselfde God wat ons deur die 1994 verkiesing gelei het om as SA ons internasionale merk te maak so dit ook met die konferensie sal doen. Die uitslag van die verkiesing is glad nie in enige mens se hande nie. Wat onthou moet word is dat Mbeki se termyn eers oor 2 jaar verstryk, sou daar nie ‘n vroeer algemene verkliesing uitgeroep word nie. Ek het ‘n probleem met al 2 leiers se nasionale integriteit. Laat ek verduidelik – Mbeki is “blind” vir dr Msimang se swak leiding en optrede vs vigs, hy is blind vir Ncgacula van SAP se donker sluipery, hy kom in Suider-Afrika nie die mas op met gesprek oor Zim nie-vgl Beeld vanoggend. Zuma se stort- storie maak hom verdag, sy siening van vroueregte is nie positief nie, hy is manipuleerder, hy is akademies swak opgelei (st 4). Sy aanklagte vs hom met die NVG moet nog voorkom. Dus ek stem eerder vir Sekwale. Maar ongeag die menings moet ons eerder die boodskap laat versprei dat christene sal bly bid vir die regeerder van die dag. Ongeag wie aan bewind kom, God bly steeds in beheer.

  9. Ding: Interesante gedagte dat die Mbeki kamp agter die negatiewe publisiteit oor Zuma sit. Ek dink dit kan dalk waar wees. Ek dink egter die media is dalk bietjie senuweeagtig. Ek glo nie hulle het verwag dat Zuma gaan opstaan nie.
    Skoor: Ek wonder, is daar ‘n klein stukkie pessimisme by jou, selfs moedeloosheid by jou? Het Mbeki ooit regeer? Terwyl Zuma adjunk was het hy mos maar eintlik die fort gehou. nadat hy afgedank is, het niemand mos die fort gehou nie, of was dit dalk nog steeds Zuma.
    Herman: Dis waar altwee het ‘n lys van dinge wat hulle diskwalifiseer. Juis daarom dink ek dit is veel eerder ‘n stem teen as ‘n stem vir, maar dit verklaar nog waarom hulle nie eerder vir ‘n ander kandidaat gestem het nie, tensy die mense so woedend is vir Mbekie dat hulle hom wil slaan waar dit die seerste maak en juis die persoon daar wil kry wie hy die minste daar wil sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s