Ek sou darem baie graag wou weet hoeveel keer word die woord “Geseënde Kersfees” op kersdag en die tyd voor kersfees gebruik. Daar is nou reeds ‘n paar mense wat hier in die kuberruim vir mekaar geseënde kersfees toewens.
Afrikaansse mense gebruik die woordjie geseënd, terwyl Engelse mense die woordjie “happy” gebruik. Ek vermoed die geseënd van Kersfees het sy oorsprong in die Bybel en die bedoeling was dat kersdag vir ons ‘n dag sal wees waarop ons die geseënd-wees van God sal beleef.
Sou dit nie wonderlik wees as ons as Christene hierdie jaar in ons wense vir die mense rondom ons baie spesifiek kon wees en vir elkeen een van ons naby-mense een van die “geseënd-is-jy” uitsprake van Jesus neem en dit vir hom/haar toewens nie. Lees voort “30 DAE: GESEËNDE …”