Ek was op hoƫrskool in die koshuis gewees. Opstaantyd was 06:00. Etenstyd was 07:00. Van 06:50 af het ons die ry gaan staan om in die eetsaal in te stap. Vanaf 06:40 tot 06:50 elke oggend was dit stiltetyd. Vir elkeen van hierdie gebeure is die klok gelui en het jy geweet wat nou gaan gebeur.
Vandag hou ek elke oggend stiltetyd voor die dag begin en voor die huisgesin wakker word. Ek lees die gedeelte van die dag en dan het ek ‘n tyd van nadink en gebed en dan kom skryf ek my gedagtes oor die gedeelte wat ek gelees hier op die blog.
Jesus het ook die stil-word gewoonte gehad. Lees voort “KONINGSHEERSKAPPY: GISTER, VANDAG EN TOT IN EWIGHEID”