Ek volg nogal die pad na Polokwane. Hierdie geleentheid gaan waarskynlik een van die nuusgebeure van die jaar wees en daar is nogal ‘n dawerende stilte hieroor.
Ek het nou al by ‘n paar geleenthede my nek uitgesteek en ‘n kat in die duiwehok losgelaat wat geweldige reaksie tot gevolg gehad het, maar ek het ‘n keuse gemaak om nie my Christenskap in ‘n klooster of ‘n eiland of ‘n studeerkamer te bedryf nie. Ek wil beïnvloed word. Ek het vrede gemaak met die feit dat my menings oor sake veranderbaar en aanpasbaar is en daarom waag ek. Ek waag vandag oor Zuma en Mbeki. Lees voort “ZUMA of MBEKI”