VRYDAG – ‘N DINAMIESE GESPREK OOR DIE DOOP

‘n Rowwe naweek lĂȘ voor. Saterdag die begrafnis van ‘n man wat selfmoord gepleeg het; Sondag twee eredienste; (08:00 en 10:00) Maandag die begrafnis van ‘n ou oom wat in die ouetehuis oorlede is en die middag ‘n troue en dan Kersdag twee eredienste. (08:00 en 10:00) Die gevolg is dat die tyd ontbreek om vandag ‘n “post” te skryf.

Maar op Scott McKnight se blog is ‘n baie volwasse gesprek oor kleindoop vs. grootdoop aan die gang. Volwasse omdat die een groep nie die ander groep probeer demoniseer nie. Gaan kyk gerus by For John Franke: On Infant Baptism I of sy tweede “post” For John Franke: On Infant Baptism II.

Ek dink dit behoort interessant te wees om die vlak en die gesindheid van debatvoering te volg. Dalk leer ons iets oor die doop ook in die proses.

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑