VREDE TER WILLE VAN DIE VREDE

Een van my kollegas (Jan van Breda) het gisteraand gepreek. Ek kom deur ‘n tyd waar ek begin het om te aanvaar dat ek nie alles weet nie en dat ek gerus maar minder onbuigsaam kan wees in wat ek dink en waarvan ek dan nou so verskriklik oortuig is. Een van die gevolge van die benadering is dat ek nou nie meer ‘n boek lees om bevestiging te kry vir iets wat ek reeds glo en weet nie, maar ek lees ‘n boek in die hoop dat ek iets beter sal verstaan of selfs sal ontdek dat ek iets verkeerd verstaan. Ek gaan sit dan ook in elke erediens met dieselfde ingesteldheid – Wat kan ek leer?

Jan se vraag was: Vrede ter wille van vrede? Sy antwoord was: Nee. Ons kan nie vrede te alle koste najaag nie, dan aanbid ons vrede en nie vir God nie. Maar, vir te veel van ons Christene het dit geword: Konflik te alle koste! Daarmee het ek ‘n probleem!

Hy preek toe uit Lukas 2 en sy kernteks was vers 14: Lees voort “VREDE TER WILLE VAN DIE VREDE”

30 DAE: DIE MAAGD MARIA

Een van die moeiliker sake in die Christelike geloof: Maria was nog ‘n maagd toe Jesus gebore is.

Die engel Gabriël bring ‘n besoek aan Maria – op daardie stadium ‘n maagd. Wanneer die engele vir haar sê: “Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet hom die naam Jesus gee.” (Lukas 1:31), is Maria baie verbaas want: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” (Lukas 1:34) Die engel se antwoord is: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.” (Lukas 1:35) Lees voort “30 DAE: DIE MAAGD MARIA”

Blog at WordPress.com.

Up ↑