Heilige Hemelse Vader, ek dink vanoggend aan Samuel na wie U drie keer moes roep voordat hy besef het dat dit U is wat roep. (1 Samuel 3:10) Ek wonder dan in die stilligheid hoeveel kere in my lewe het U al my aandag probeer trek het en ek dit nie besef het nie of nie raakgesien het nie.
Ek dink egter ook aan daardie kere wat ek wel besef het dat U my aandag probeer trek. Ek besef ook dat dit in tye van uiterstes was. Uiterste nood; uiterstste seer; uiterste eensaamheid; uiterste vreugde; uiterste dankbaarheid.
Ek besef U probeer dikwels my aandag trek in die alledaagse en die onopsigtelike.
Vir hierdie dag is my gebed dat ek die sagte fluistering van U stem sal hoor. Ek bid dat dat ek sal raaksien wanneer U my aandag probeer trek. Want ek leef in daardie tyd waarvan U Seun Jesus Christus gesê het: “Ek is by julle tot aan die einde van die wêreld.”
Heilige Gees, leer my in hierdie dag om te sê: “Hier is ek, Here!”
Amen
So mooi, so mooi Attie.
Op ‘n heel ander nood vandag vier ek en my man Wimpie ons 26ste huweliksherdenking. Ons kyk terug na dieselfde dinge wat jy vir ons hier verwoord. Noudat ons in ons middeljare kan ons so duidelik sien waar ons in die verlede verkeerd gedoen het. Pas so pragtig by ons viering.
Baie dankie weereens om tot die besef te kom dat ons moet tyd maak vir GOD om te luister wat HY vir ons wil sê.
Baie waardevolle woorde hierdie