OGGENDGEBED 2 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, ek aanbid U in hierdie vroeë oggend as die Skepper van die hemel en die aarde. Hierdie is die eerste Sondag in daardie tyd van die jaar waarop ons begin om na te dink oor die betekenis van die koms van U Seun Jesus Christus.

Here Jesus, ek bid vir U liggaam wat vandag op miljoene plekke dwarsoor die wêreld bymekaar gaan kom. Sommige op erg tradisionele en selfs rigiede maniere en ander selfs sonder enige vorm van struktuur en voorspelbaarheid. Dankie dat U die vermoë het om by ons “boksies” verby te kyk en mense in hulle omstandighede te ontmoet en in U heilige teenwoordigheid te verwelkom.

Dankie vir die voorreg wat ek persoonlik het om met vakansie te wees.

Ek bid vir gelowiges wat so saam sal wees en vra dat U teenwoordigheid in hierdie dag ook genesing en versoening sal bewerk wanneer U kinders saamkom om U te aanbid.

Ek gee ook my lewe aan die begin van hierdie dag aan U oor om deur U gebruik te word soos U wil.

Laat U koninkryk in hierdie dag deur my ook op die aarde kom net soos in die hemel.

Amen

Blog at WordPress.com.

Up ↑