OGGENDGEBED 15 DESEMBER 2012

Heilige Here Jesus, U het gesĂȘ dat die wat U ken die Vader ook ken. As ek dink aan hoe die Bybel die Vader aan ons bekend maak, dan weet ek dat daar niks beter in my lewe kan wees as om die Vader te ken nie. Met my verstand weet ek dan ook vanoggend dat ek Hom kan vertrou en ook moet vertrou. Met my verstand weet ek ook dat as ek net sover kan kom om Hom ten volle te vertrou sal daar soveel minder dinge wees waaroor ek my bekommer en dinge wat keer dat ek met vreugde die lewe saam met U lewe.

Ja, as ek U my Vader so kon ken, sal ek met vertroue in alle omstandighede en te alle tye toelaat dat U my in U Vader-arms vang.

Maar vanoggend dink ek aan al die dinge wat verhinder of keer dat ek U vertrou as my Vader. Ek dink aan al daardie kere dat ek soms selfs met trane gesmeek het dat dinge anders moet wees. Lees voort “OGGENDGEBED 15 DESEMBER 2012”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑