OGGENDGEBED 14 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, U wat die hemel en die aarde en alles daarin en alles daarop gemaak het, wanneer ek vanoggend soek na die dinge wat werklik vreugde bring in my lewe dan weet ek skielik nie wat ek gaan antwoord nie.

Ek sou maklik  kon sê: “Ek vind my vreugde in U en in U alleen…”. Dit sou waar wees, want net U weet hoe ek na U smag en hoe ek verlang om U met my ganse wese te aanbid en hoe belangrik dit vir my is dat U vreugde sal vind in my. Maar ek is nie seker of dit is wat ek behoort te sê en of dit regtig is wat aan my vreugde verskaf nie.

Ek sou ook maklik kon sê ek vind vreugde in die skepping en die mooi wat U gemaak het. En dit is waar, want U skepping is vir my openbaraing van U. Ek sien U vingerafdruk op fynbos en oseaan en berge en wilde diere en op die mense vir wie ek so lief is. Maar ek is nie seker of dit is wat ek behoort te sê en of dit regtig is wat aan my vreugde verskaf nie.

Ek sou ook kon sê dat ek vreugde vind elke keer wanneer ek beleef dat ‘n mens in nood U liefde en nabyheid beleef wanneer iemand hulle nood verlig. U weet hoe seer my hart dikwels is oor die ellende waarin soveel mense rondom my leef. Maar ek is nie seker of dit is wat ek behoort te sê en of dit regtig is wat aan my vreugde verskaf nie.

Ek wil in hierdie dag vreugde aan ander verskaf. Lei my om hulle bewus te maak van die teenwoordigheid van die God wat hemel en aarde gemaak het; Lei my om U vingerafdruk in die skepping met ander te deel; lei my om, oral waar ek kan, ellende net ‘n klein bietjie minder te maak.

Want, as ek vreugde kan bring en vreugde kan beleef, sal ek vanaand my kop kan neerlê wetende dat U nooit baie ver van my en die mense rondom my was nie.

Laat U koninkryk op aarde kom net soos in die hemel.

Amen

1 Kommentaar

Filed under Gebed, Oggendgebed

One response to “OGGENDGEBED 14 DESEMBER 2012

  1. Dit raak werklik my hart en die gebed verkwik my siel. Attie jy is ook een van GOD se baie spesiale pêrels, kosbaar en skitter soos die sterre. Dankie vir die pragtige gebed. Seëngroete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s