Hemelse Vader, op hierdie dag na Kersdag is ek nog stil verslae oor die grootheid van U liefde vir ons – die mensdom en vir U skepping.
Here Jesus ek aanbid U as die Koning van die teendeel. U het as Almagtige God U hemelse troon prys gegee en koning geword as mens, ‘n babatjie-mens. En die engele het met vreugde die boodskap aan herders gebring en herders het met opgewondenheid gegaan om U as die Koning van die tendeel te aanbid. Die skepping, wat deur U tot stand gekom het, het deelgeneem en die wyse manne na die stal in Bethlehem gelei. Nie na ‘n troonsaal in ‘n groot stad nie, maar ‘n krip in ‘n klein dorpie. Nie na ‘n magtige koning van baie nasies nie, maar ‘n magtelose babatjie afhanklik van sy ma. U is die Koning van die teendeel.
Leer ons om u as die Koning van die teendeel te aanvaar. Lees voort “OGGENDGEBED 26 DESEMBER 2012” →