Heilige Gees, U is die kosbaarste geskenk wat ons as gelowiges en as kerk ontvang het toe Jesus Christus sy plek as Koning aan die regterhand van die Vader ingeneem het. Here Jesus, U het ons geleer dat die werking van die Geessoos die wind is. Die wind waai waar hy wil en ons hoor sy geluid, maar niemand weet waar dit vandaan kom of waar dit heengaan nie.
Ek dink vanoggend aan die sterk Suid-Oos wind wat ‘n paar weke terug die Kaap geteister het. Almal van ons kon sien dat dit baie harde werk is om teen die wind te beweeg. Lees voort “OGGENDGEBED 17 DESEMBER 2012”