By die eerste lees van die Lukas-evangelie dink mens eintlik dat Lukas eerder ‘n “musical” geskryf het. Eers sing Elisabeth, dan Maria, dan Sagaria en dan die engele by die herders. Nie een van die liedere is egter so dramaties soos Maria sin nie.
In haar lied verduidelik Maria dat die onlangse gebeure waarin sy vasgevang is, haar iets leer van God en hoe God werk en waarmee God besig is. Maria is alte bewus van haar nikseggende posisie en status in die tyd en omgewing waarin sy lewe nie. Sy was immers niks anders as eiendom nie. Sy behoort eerste aan ‘n pa en dan later aan die man aan wie haar pa haar gegee het. Hierdie man kan van haar skei net wanneer hy wil, terwyl sy self nooit daardie keuse sal hĂȘ nie.
Maria behoort nie aan ‘n bekende gesin nie en word nie groot in ‘n belangrike stad nie. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 1”