GEBORE IN ‘N GRAF

In sy boek The Shaking of the Foundations vertel Paul Tillich die verhaal van gebeure by die Nuremburg verhore. ‘n Getuie het na vore gekom wat saam met ander mense wat van die gaskamers ontvlug het vir ‘n tyd lank in ‘n begrafplaas in Wilna in Pole gebly het. Hierdie getuie het gedigte geskryf terwyl hy daar gebly het. Een van die gedigte was van ‘n jong vrou wie se babatjie in ‘n graf gebore is. Sy is deur ‘n 80 jarige graf-grawer bygestaan tydens die geboorte. Toe hierdie ou man die eerste gehuil van die babatjie hoor het hy gebid:  Lees voort “GEBORE IN ‘N GRAF”

OGGENDGEBED 20 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, baie dankie vir die vergifnis wat U vryelik aan elkeen van ons skenk deur U Seun Jesus Christus. Dankie dat daardie vergifnis juis vir elkeen van ons die deur oopmaak om in ‘n verhouding met U te kan lewe. Inderdaad ‘n Pa-kind verhouding. U is my Vader. Ek is U kind. Dankie dat U ook vir ons die gawe van gebed gegee het om hierdie verhouding met U te verdiep. Hemel Vader, ek het die behoefte om my ganse lewe oop te maak en al meer en meer te groei in my verhouding met U.

VergeweHoe wonderlik is dit nie om te weet dat U vergewe nie. Elke keer wanneer ek nodig het om ‘n sonde te bely en U Heilige Gees in my die sekerheid werk dat ek vergewe is, beleef en U nabyheid en U teenwoordigheid. Ek wonder dikwels waarom U met tye nie so naby is as wat ek U graag sou wou hê nie.

U Woord leer my vanoggend dat ek ander moet vergewe sodat my Vader wat in die hemel is my ook kan vergewe. Vader, ek besef dat onafgehandelde seer tussen my en ander my verhouding met U versteur. Lees voort “OGGENDGEBED 20 DESEMBER 2012”

Blog at WordPress.com.

Up ↑