Advent beteken “wag”. Ons het gewag vir Kersfees. Ons kan nie sê dat ons gewag het vir die geboorte van Jesus nie. Hy is reeds gebore – ongeveer 2000 jaar gelede in Betlehem. Die beste wat ons kan doen is om te sê dat ons gewag het om die geboorte van ons Here Jesus Christus te vier.
Maar, Advent is nie die enigste seisoen van wag nie. Advent – die seisoen van wag – is bedoel om ons voor te berei vir lewe in geloof. Ons lewe in die geloof dat God besig is om ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep. ‘n Nuwe toekoms van reg en geregtigheid; vrede en vryheid; versoening en herstel.
Hierdie werk waarmee God besig is, is egter nie so duidelik sigbaar nie. Ek dink maar net aan my eie lewe en my eie omstandighede en my werk met mense en hulle seer. Soms voel ek ook om te sê dat God se werk nie net “nie duidelik sigbaar” is nie. Ek voel selfs om met tye te sê: God se werk is afwesig. Sommer net nie daar nie. Ek sien nie eers die tekens dat iets besig is om beter te word nie. Lees voort “WAG MET HEILIGE ONGEDULD”