Hemelse Vader, mense rondom my kry mense op verskillende maniere baie swaar . Ek dink vanoggend aan die vrou wie se ma op ‘n baie hartseer manier dood is; haar seun wat die kar bestuur het waarin sy ouma dood is; die man wat met vrae in sy oë na sy vrou kyk wanneer sy as gevolg van Alzheimers en Parkinsons na hom kyk asof sy hom nog nooit gesien het nie; die ma wat haar kinders eerder vir kersfees na familie toe laat gaan omdat sy nie geld het om vir hulle geskenkies of selfs ‘n lekker ete op kersdag te gee nie; die jong egpaar wat hulle babatjie verloor het toe die mamma vier maande swanger was; die diep seer van die pa en ma van die twee jongmense en die oupa en ouma van die babatjie; die onverstaanbaarheid waarmee ‘n ma worstel omdat haar kinders so ver wegtrek dat sy nie weet wanneer sy hulle weer gaan sien nie.
Here, U ken ook die vals troos waarmee hulle soms hulleself troos: Lees voort “OGGENDGEBED 18 NOVEMBER 2012”