Hemelse Vader, ek lees vanoggend Elisabeth se woorde aan Maria: “Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesĂȘ het.” (Lukas 1:45) Ek dink aan Maria en Elisabeth en dan dink ek: Hier is waarskynlik die eerste twee volgelinge, dissipels, van U Seun Jesus Christus. Elisabeth erken Hom as “my Here” en Maria sing ‘n lied oor die wonderlike dinge wat Hy gaan doen. Vol vertroue dat hierdie kindjie gaan doen wat die Woord belowe het Hy gaan doen.
Ek beny hule vanoggend hulle onwrikbare vertroue dat U U beloftes waar gaan maak. Dit lyk asof die vertroue sommer net so vanself gekom het. Die engel het eers met Sagaria en toe met Maria gepraat en die twee vrouens het geglo en gevolg en vertrou.
Tog lees ek vanoggend ook tussen die lyne die vrees en ek weet so goed dat vir beide die pyn van die ontydige en wreedaardige dood van hulle seuns later byna ondraaglik moes wees. Vir my is vrees en vertroue baie naby aan mekaar. As ek nie vertrou nie, dan vrees ek. As ek vertrou dan vrees ek nie. Lees voort “OGGENDGEBED 19 NOVEMBER 2012”