Heilige Hemelse Vader, ek dink vanoggend aan Samuel na wie U drie keer moes roep voordat hy besef het dat dit U is wat roep. (1 Samuel 3:10) Ek wonder dan in die stilligheid hoeveel kere in my lewe het U al my aandag probeer trek het en ek dit nie besef het nie of nie raakgesien het nie.
Ek dink egter ook aan daardie kere wat ek wel besef het dat U my aandag probeer trek. Ek besef ook dat dit in tye van uiterstes was. Uiterste nood; uiterstste seer; uiterste eensaamheid; uiterste vreugde; uiterste dankbaarheid.
Ek besef U probeer dikwels my aandag trek in die alledaagse en die onopsigtelike. Lees voort “OGGENDGEBED 13 DESEMBER 2012”