Een van die moeiliker sake in die Christelike geloof: Maria was nog ‘n maagd toe Jesus gebore is.
Die engel Gabriël bring ‘n besoek aan Maria – op daardie stadium ‘n maagd. Wanneer die engele vir haar sê: “Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet hom die naam Jesus gee.” (Lukas 1:31), is Maria baie verbaas want: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” (Lukas 1:34) Die engel se antwoord is: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.” (Lukas 1:35)
Hierdie waarhede word in die gereformmerde kerke se geloofsbelydenis so saamgevat: “… en ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God; wat gebore is uit die maagd Maria;”
Maria was ‘n maagd toe sy geboorte gegee het aan Jesus. Die Bybel verklaar dit hier as die gevolg van iets wat die Heilige Gees in haar verwek het.
Daar is twee redes waarom ‘n mens sou kon aanvaar dat Maria ‘n maagd was:
(1) Die letterlike betekenis van hierdie gedeelte en ander soos bv. Matteus 1:18-25 is duidelik daaroor dat Maria geboorte sou gee sonder dat ‘n man met haar seks sou gehad het.
(ii) ‘n Mens sou kon redeneer dat omdat Jesus ‘n baie spesiale persoon was, was dit nodig dat Hy ‘n unieke “inkom” in hierdie wêreld sou gehad het.
Daar is ook die dinge wat mens sou kon laat wonder of dit wel ‘n maagdelike geboorte was:
(i) In die geslagsregisters word Jesus se geslagslyn gevolg deur die van Josef – Maria se man en Jesus se pa.
(ii) In Lukas 2:48 verwys Jesus na Josef as Jesus se pa: “Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” (Lukas 2:48) en daar word op nog ander plekke na Jesus verwys as die seun van Josef. (Matteus 13:55 en Johannes 6:42)
(iii) In die res van die Nuwe Testament is daar feitlik geen verwysing na die maagdelike geboorte nie.
Ek wonder wat is jou gevoel oor hierdie erg omstrede saak in die Christelike geloof.
“Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarna was sy nie noodwendig meer ‘n maagd nie want ons weet nie presies wat dit sou behels nie.
Vir my is dit belangriker dat Jesus nie ‘n aardse pa gehad het nie maar God self was op ‘n manier sy pa, daarom was Jesus vokome mens EN volkome God.
Jammer, my naam is steeds Alec.
Met alle respek en eer, voordat ek vrae vra en julle challenge, sal dit op die blog geduld word? Is dit aanvaarbaar ?
Aan die eenkant glo ek dat die feit dat Maria ‘n maagd was juis SO was deur God se almagtigheid te bewys en duidelik te skets dat God nie gebonde is aan biologiese natuurwette nie: Wat vir die mens onmoontlik is (klink) is dus vir God moontlik. Dis immers omdat God God is en die mens slegs mens. Deur die maagdelike geboorte in twyfel te trek, wil mense eintlik se: “Aikona! Dis mos onmoontlik, watse nonsens-storie is dit?”. Ongelukkig verloor diesulkes juis ook uit die oog dat ENIGIETS vir God moontlik is.
Aan die anderkant, wil ek die vraag stel: Le die maagdelike geboorte sentraal tot die Christelike geloof? Dws as ek nie in die maagdelike geboorte glo nie, kan ek nog steeds in Jesus as Verlosser en Seun van God glo? Ek dink mens kan nog steeds die Evangelie glo, al glo jy miskien nie in die maagdelike geboorte nie. Maar hoekom WIL mens dan as Christen nie die maagdelike geboorte glo nie…net omdat dit vir ons (as mense) ‘n biologiese onmoontlikheid is?
Alec: Lyk my jy hou vakansie. Jesus was volkome God en volkome mens.
BiB: Ek dink ‘n sleutelwoord kan dalk Almagtige wees. Almagtig beteken tog dat Hy die onmoontlike sou kon doen.
Is die maagdelike geboorte sentral tot die Christelike geloof? Ek gaan ‘n klip in die bos gooi: Ek dink ons stry te veel oor die inhoud van ons geloof en te min oor die uitleef van die geloof.
Ds. het eenkeer uit Filemon gepreek. v6: het by my gebly en het dit vanaand weer gehoor. ‘Deur wat ons glo vorm ons ‘n gemeenskap.’ en deur DIE geloofkry ons insig sodat ons dinge vir Christus kan doen. Daarom is dit belangrik dat ek in alles glo wat die Bybel my leer. Ook die maagtelike geboorte van my Redder.
Weet daarom dat ek altyd beskikbaar is vir enige ‘veltog/uitreik’ wat ds. wil loots. Geloof, geloof, geloof ….
Attie, jy het eenvoudig die vermoe om mens se geloof tot die uiterste tetoets en te laat evalueer!! Mal daaroor. My kommentaar op #5 volg. Hoe kan ek glo in die uitleef van die geloof as ek nie die inhoud van die geloof bely nie? As ek nie die inhoud ken nie, het ek niks om oor te getuig nie. Die inhoud van die geloof se Scot McKnight op bladsy 8 en 9 van sy boek:”The jesus Creed” is dat beide liefde tot God en ons naaste belangrik is. In die vraag dan is geloof deur te glo en te bely ter sprake (vgl .Deut 6:4-5; Lev 19:18; Mrk. 12:38-41. Daar is ‘n logiese kop en stertkant vir die saak. Terug by die stuk vd dag – Maria se geloofsgehoorsaamheid is die resultaat dat sy die woord vd engel geglo het; toegepas dus – sy het eers die inhoud haar eie gemaak en toe dit geleef. Wat dink julle hiervan?
Toe die krag van die Heilige Gees haar oorskadu , het sy die woord geglo wat gespreek was.Toe sy glo,toe word sy verwagtend.Om te glo is ‘n gawe en die Heilige Gees deel gawes uit.Sy was nog steeds ‘n maagd en tot met geboorte was sy ‘n maagd.Daar was nie fisies intiemheid nie.Dit gaan oor te glo wat die engel gese het.Dit gebeur met die krag van die Heilige Gees wat ‘n gawe is.Se Jesus nie dat vir die wat glo sal niks meer onmoontlik wees nie?Jy meot net glo.God se saad is Sy woord,as jy dit glo,sal niks meer onmoontlik wees nie.