‘n Baie interessante en moet ek sê beleefde gesprek het verlede begin oor die Bybel as die Woord van God. Ek was aangenaam verras met die manier waarop ouens wat van mekaar verskil die egsprek hanteer het en dat daar nie wedersyds kwetsende dinge gesê is nie.
Die Bybel is op ‘n paar punte uniek. Daarmee bedoel ek dat ek van geen ander boek weet waarvan dieselfde dinge gesê kan word as wat van die Bybel gesê word nie. Dit inligting is heeltemal te veel vir een “post” sou ek gaan dit oor ‘n paar “posts” versprei.
Ek wil nie nou of later elke een van hierdie besware probeer antwoord nie, maar wat ek wel in verlede week se gesprek agtergekom het, is dat mense redes kan gee waarom hulle sukkel om te aanvaar dat die Bybel die woord God is nie. Sommige van die die mense met hierdie besware is eerlik aan die worstel oor die gesag en die aansprake van die Bybel. Lees voort “DIE BYBEL IS UNIEK SAAMGESTEL”