IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?

Die kerk dwarsoor die wêreld beleef dinamiese tye. Verskillende groepe plaas op verskillende maniere klem op verskillende sake en elkeen van hulle maak aanspraak op die antwoord en dat hulle werkswyse God se voorkeur werkswyse sou wees.

Daar is bewegings wat my aandag trek en op ‘n besondere manier waarde toevoeg tot kerk-wees in die tyd waarin ons lewe. Ek dink byvoorbeeld aan iemand soos MIKE BREEN en VERGE NETWORK wat klem plaas op kerkplanting en dissipelskap. Daar is natuurlik ook die missionale beweging dwarsoor die wêreld wat fokus op die kerk se roeping teenoor mense in nood. REGGIE MCNEAL is iemand wat op ‘n besondere manier hieroor skryf. SOMA COMMUNITIES  plaas besondere klem op op die vorming dissipels.

Ongelukkig is dit ook so dat hierdie “voorkeur-metode” soms gepaard gaan met negatiwiteit en soms lelike kritiek  teenoor die wat dit anders doen en dan veral die tradisionele kerk waarvan ek self deel is. Die persone na wie ek “links” hier bo geplaas het, is meestal nie so fel in hulle negatiwiteit teenoor ander nie. (Kritieki is nie negatief nie.) Iemand soos Reggie McNeal is besonder gooi nie die baba met die badwater uit nie en laat altyd ruimte vir tradisionele kerk wat ook nog ‘n belangrike rol het om te speel. Dit is na my mening onregverdig om ‘n groep gelowiges te tipeer op grond van hulle gemeente se naam deel is van ‘n institusionele of tradisionele kerk. Net so is dit onbillik om op grond van jou ervaring van ‘n paar gemeentes van ‘n spesifieke denominasie gevolgtrekkings te maak oor hoe al die ander gemeentes van die denominasie sou wees.

Ek wonder of ons nie ons oof van die bal afgehaal het nie.Ek dink juis in sulke onbillike negatiewe kritiek en veralgemening haal ons ons oog van die bal af. My werkswyse moet nou skielik teenoor die werkswyse van ‘n ander groep gelowiges geregverdig word en die enigste manier is om die ander groep sleg te laat lyk.

Ek skaar my by Dallas Willard. In ‘n onderhoud met Skye Jethani antwoord Willard by geleentheid so met betrekking tot die negatiewe beeld wat dikwels oor die kerk voorgehou word:

“I am not discouraged,” he quickly replied, “because I believe that Christ is in charge of his church, with all of its warts, and moles, and hairs. He knows what he is doing and he is marching on.”

In dieselfde artikel skryf Skye Jethani:

“And holding firmly to this truth, we should not succumb to the doom and despair that seem to be worn with pride by many young church leaders these days. The truth is that some, even many, local and regional expressions of the church may well decline and die. But Christ is ever at work cultivating life out of death. Ultimately his Church will be just fine. So, while many both inside and outside the family of God take some perverse pleasure in declaring “The church is dead,” we can with full faith and confidence shout in response, “Long live the Church!”

Jethani wys dan ook daarop dat die Lausanne Konferensie in Kaapstad in 2010 het gewys dat die kerk dwarsoor die wêreld byna wonderbaarlike groei in getalle toon.

Is ons oog op die bal?

Ek preek Sondag uit 1 Korintiërs 9 en ek sien duidelik die bal waarop paulus sy oog gehou het:

“Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.” (1 Korintiërs 9:19)

Hoe dikwels hoor ons nog in gesprekke oor die rol en die taak van die kerk die belangrikheid van “om soveel mense as moontlik vir Christus te wen?”

3 Kommentaar

Filed under Die Kerk

3 responses to “IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?

  1. Johan

    Attie, ek het die afgelope aantal maande baie gedink oor die rol van die kerk en van godsdiens oor die algemeen in my lewe en in die lewe van mense rondom my en ek het besef dat “kerkwees” maar primer gaan oor liefde. Liefde vir ons Here en ons God en liefde vir ons naaste.
    Ons oog moet op die Here geverstig wees en op die Here bly ander gaan ons uit vir ‘n duck. Die armbandjie wat so baie kinders (en groot mense) dra met die woorde; WWJD sè dit so mooi. What would Jesus do?.
    Ons hier in die Moot, se oog is nog steeds op die bal al is ons ook so nou en dan uit vir ‘n duck. Gelukkig is daar ‘n tweede beurt en dan sal ons / ek die bal baie beter dophou.

  2. Herman

    Ek sluit aan by die beeld van Johan – die tweede beurt.
    Jesus het gekom om mense ‘n tweede kans (tweede beurt) te gee – ‘n tweede kans, want nou is daar ‘n ewige lewe, ‘n kolfbeurt wat nooit sal ophou nie. Maar steeds is daar plek vir nog spelers in die span. Getuienis van die ‘groot weldade van God’ (Paulus) laat mense besef dat dat 1 Kor 9 se teksvers nog nie klaar gebeur het nie. Ek dink ook aan die woorde van Petrus aan die blinde bedelaar in die Mooiport (Handelinge) toe hy se: geld het ek nie, maar wat ek het gee ek vir jou: In die naam van Jesus ….”
    Dus die kerk se mandaat ‘om oog op die bal te hou’ is niks anders as om Jesus eerste en laaste te stel nie (Hebr 12, 13). Sterkte vir Sondag, Bid vir jou 09:00.

  3. My ma het altyd gesê (dit kom al van haar ma af!!) dat jy nie ‘n gesant van God mag kritiseer nie. Dis dalk ‘n bietjie rof gestel, maar aan die een kant wil ek amper met haar saamstem. Ons almal maak saam die liggaam van Christus. Ons doen dinge op verskillende maniere. Ons lê klem op verskillende dinge. Vir die een is sending belangrik, die ander jeug, en en en…. Solank ons dit wat ons doen, doen omdat die liefde van Christus ons dring, solank ons dit doen om vir God tot eer te wees, solank ons dit nie doen om “shine” te vang nie, nie om eie eer nie, maar voluit vir Christus en nie dwaalleers verkondig nie…… LE’TS DO IT! Laat ons nie mekaar afkraak nie. Ek het ook my voorkeur van hoe ek dinge wil doen, maar dit beteken nie dat die ander een se manier verkeerd is nie. Komaan! Saam kan ons dit doen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s