Ek het gisteraand met die groepie tieners in my belydenisgroep oor gebed gepraat. Uit die aard van die saak moes Matteus 6:5-13 deel van die egsprek wees omdat die Ons Vader gebed daar staan.
Ons begin toe deur vers vir vers in die 1983 vertaling (Vir ons garde nie Nuwe Vertaling) te lees. Ek het spesifiek die 1983 vertaling gekies omdat die van hulle wat wel die Ons Vader gebed as kind geleer het, daardie woorde sou geleer het.
Ons het begin deur die vers hardop saam te lees en dan praat ons in groepies van twee of drie oor die vers, waarna ons as groot groep die vers bespreek.
Ons kom toe by vers 6: Lees voort “TIENERS EN DIE BYBEL – DIE NUWE VERTALING HET OUD GEWORD”